Jesaja 64
Afrikaans PWL
1dat hulle mag smelt soos was voor die vuur smelt en dat vuur U vyande mag verteer, om U Naam (Karakter en Outoriteit) aan U teëstanders bekend te maak sodat die nasies in U Teenwoordigheid mag bewe,

2wanneer U ontsagwekkende dinge doen wat ons nie verwag het nie. U het afgekom en die berge het geskud in U Teenwoordigheid!

3Van die begin van die wêreld af het hulle dit nie gehoor of met die oor waargeneem, of het die oog, o God, enige buiten U gesien nie, as gevolg van wat U doen vir dié wat op U wag.

4U ontmoet hom wat onpartydige opregtheid doen, wat U met vreugde in U handelswyses onthou. Let op, U was kwaad, want ons het gesondig; ons het oortree teenoor U handelswyses en tog sal ons gered word.

5Ons het almal geword soos ’n onrein ding en al ons regverdige dade is soos ’n vuil kleed; ons het almal verwelk soos ’n blaar en ons onregverdigheid het ons weggevat soos die wind.

6Daar is niemand wat U Naam (Karakter en Outoriteit) aanroep, wat onthou om aan U vas te hou nie, want U het U gesig weggedraai van ons af en ons oorgegee aan die krag van ons sondes,

7maar nou, יהוה, U is ons Vader; ons is die klei en U is ons Pottebakker en ons is almal die werk van U hand.

8יהוה, wees nie uitermate kwaad nie en onthou nie die onregverdigheid vir ewig nie; let op, kyk nou, ons is almal U volk.

9U afgesonderde stede het ’n wildernis geword; Tziyon het ’n wildernis geword, Yerushalayim ’n verlatenheid.

10Ons afgesonderde en pragtige huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand en al ons kosbaarhede, het ’n puinhoop geword.

11יהוה, sal U Uself terughou oor hierdie dinge? Sal U stilbly en ons uitermate teister?”

12(Nie in hierdie vertaling nie)

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 63
Top of Page
Top of Page