Hosea 4
Afrikaans PWL
1Luister na en gehoorsaam die boodskap van יהוה, o seuns van Yisra’el, want יהוה het ’n regsaak teen die inwoners van die land omdat daar geen getrouheid of sagte omgee of kennis van God in die land is nie.

2Daar is vloeke, misleiding, moord, diefstal en owerspel. Hulle beoefen geweld sodat bloedvergieting volg op bloedvergieting;

3daarom treur die land en alles wat daarop woon, kwyn weg saam met die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel en ook die visse van die see verdwyn.

4Tog, laat niemand fout vind of berisping aanbied nie, want jou volk is soos hulle wat met die priester twis!

5Jy sal struikel bedags en die profeet sal ook saam met jou struikel in die nag en Ek sal jou moeder vernietig.

6My volk word vernietig weens gebrek aan kennis. Omdat jy kennis verwerp het, sal Ek jou ook as My priester verwerp. Aangesien jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

7Hoe meer hulle vermenigvuldig het, hoe meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle lof en eer in skande verander.

8Priesters floreer op die sonde van My volk en rig hulle begeerte na hulle onregverdigheid.

9Dit sal wees, soos volk, so is priester; so sal Ek hulle straf vir hulle lewenswyse en hom vergeld vir sy dade.

10Hulle sal eet, maar nie genoeg hê nie; hulle sal hoereer, maar nie vermeerder nie, want hulle het opgehou om na יהוה te luister.

11Hoerery, wyn en nuwe wyn vat die begrip weg.

12My volk raadpleeg hulle eie verbeelding en hulle staf gee vir hulle aanwysings, want ’n gees van hoerery het hulle verlei en hulle het weggedraai van hul God af.

13Hulle offer offers op die toppe van die berge en brand wierook op die heuwels, onder die eike, populiere en terpentynbome omdat hulle skaduwee aangenaam is; so pleeg julle dogters hoerery en julle bruide pleeg owerspel.

14Ek sal julle dogters nie straf wanneer hulle hoereer nie, of julle bruide wanneer hulle owerspel pleeg nie, want die manne self gaan eenkant toe met hoere en offer offers met die tempelprostitute. So word die volk wat sonder begrip is, verwoes.

15Alhoewel jy, Yisra’el hoereer, moenie dat Y’hudah skuldig word nie! Moet ook nie na Gilgal gaan nie, of opgaan na Beit-Aven en die eed neem: “So waar as יהוה leef,” nie.

16Aangesien Yisra’el hardkoppig is soos ’n hardkoppige verskalf, kan יהוה hulle nou laat wei soos ’n lam in ’n groot veld?

17Efrayim is verbind aan afgode: laat hom alleen!

18Hulle hoereer almal aanhoudend en hulle het ’n diep liefde vir skande en afgodery.

19Laat die wind hulle klere afskeur; laat hulle skaam wees oor hulle altare.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Hosea 3
Top of Page
Top of Page