Esra 2
Afrikaans PWL
1Hierdie is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangeskap, wat N’vukadnetzar, koning van Bavel, na Bavel weggevoer het en weer na Yerushalayim en Y’hudah teruggekeer het, elkeen na sy eie stad; 2hulle wat saam met Z’rubavel, Yeshua, Negemyah, S’rayah, Re’elyah, Mordekhai, Bilshan, Mispar, Bigwai, Regum en Ba’anah gegaan het. Die aantal manne van die volk van Yisra’el was: 3die seuns van Par’osh, twee duisend een honderd twee en sewentig; 4die seuns van Sh’fatyah, drie honderd twee en sewentig; 5die seuns van Arag, sewe honderd vyf en sewentig; 6die seuns van Pagat-Mo’av, van die seuns van Yeshua en Yo’av, twee duisend agt honderd en twaalf; 7die seuns van `Eilam, een duisend twee honderd vier en vyftig; 8die seuns van Zattu, nege honderd vyf en veertig; 9die seuns van Zakkai, sewe honderd en sestig; 10die seuns van Bani, ses honderd twee en veertig; 11die seuns van B’vai, ses honderd drie en twintig; 12die seuns van `Azgad, een duisend twee honderd twee en twintig; 13die seuns van Adonikam, ses honderd ses en sestig; 14die seuns van Bigwai, twee duisend ses en vyftig; 15die seuns van `Adin, vier honderd vier en vyftig; 16die seuns van Ater, van Hizkiyahu, agt en negentig; 17die seuns van Betzai, drie honderd drie en twintig; 18die seuns van Yorah, een honderd en twaalf; 19die seuns van Hashum, twee honderd drie en twintig; 20die seuns van Gibbar, vyf en negentig; 21die seuns van Beit-Legem, een honderd drie en twintig; 22die manne van N’tofah, ses en vyftig; 23die manne van `Anatot, een honderd agt en twintig; 24die seuns van `Azmawet, twee en veertig; 25die seuns van Kiryat-`Arim, K’firah en Be’erot, sewe honderd drie en veertig; 26die seuns van Ramah en Geva, ses honderd een en twintig; 27die manne van Mikhmas, een honderd twee en twintig; 28die manne van Beit-El en `Ai, twee honderd drie en twintig; 29die seuns van N’vo, twee en vyftig; 30die seuns van Magbish, een honderd ses en vyftig; 31die seuns van die ander `Eilam, een duisend twee honderd vier en vyftig; 32die seuns van Harim, drie honderd en twintig; 33die seuns van Lod, Hadid en Ono, sewe honderd vyf en twintig; 34die seuns van Yerigo, drie honderd vyf en veertig; 35die seuns van S’na’ah, drie duisend ses honderd en dertig.

36Die priesters: die seuns van Y’da’yah, van die huis van Yeshua, nege honderd drie en sewentig; 37die seuns van Immer, een duisend twee en vyftig; 38die seuns van Pash’gur, een duisend twee honderd sewe en veertig; 39die seuns van Harim, een duisend en sewentien.

40Die Leviete: die seuns van Yeshua en Kadmi’el, van die seuns van Hodavyah, vier en sewentig. 41Die sangers: die seuns van Asaf, een honderd agt en twintig. 42Die seuns van die poortwagters: die seuns van Shallum, die seuns van Ater, die seuns van Talmon, die seuns van `Akkuv, die seuns van Hatita, die seuns van Shovai, almal saam een honderd nege en dertig.

43Die tempelbediendes: die seuns van Tziga, die seuns van Hasufa, die seuns van Tabba’ot; 44die seuns van Keros, die seuns van Sia’ha, die seuns van Padon; 45die seuns van L’vana, die seuns van Hagavah, die seuns van `Akkuv; 46die seuns van Hagav, die seuns van Salmai, die seuns van Hanan; 47die seuns van Giddel, die seuns van Gagar, die seuns van Re’ayah; 48die seuns van Retzin, die seuns van N’koda, die seuns van Gazam; 49die seuns van `Uza, die seuns van Paseag, die seuns van Besai; 50die seuns van Asnah, die seuns van Me’unim, die seuns van N’fusim; 51die seuns van Bakbuk, die seuns van Hakufa, die seuns van Harhur; 52die seuns van Batzlut, die seuns van M’gida, die seuns van Harsha; 53die seuns van Barkos, die seuns van Sisra, die seuns van Temag; 54die seuns van N’tziag, die seuns van Hatifa;

55die seuns van die diensknegte van Shlomo: die seuns van Sotai, die seuns van Hassoferet, die seuns van P’ruda; 56die seuns van Ya’alah, die seuns van Darkon, die seuns van Giddel; 57die seuns van Sh’fatyah, die seuns van Hattil, die seuns van Pokheret-Hatzvayim, die seuns van Ami,

58al die tempelknegte en die seuns van die diensknegte van Shlomo was drie honderd twee en negentig.

59Hierdie is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsha en K’ruv opgetrek het, maar nie verseker hulle familie en hulle afkoms kon aanwys, of hulle vanuit Yisra’el is nie: 60die seuns van D’layah, die seuns van Toviyah, die seuns van N’koda, ses honderd twee en vyftig.

61Van die seuns van die priesters: die seuns van Havayah, die seuns van Hakkotz, die seuns van Barzillai, wat uit die dogters van Barzillai, die Gil’adiet, ’n vrou gevat het en na hulle vernoem is. 62Hulle het hul registers gesoek tussen die wat as voorgeslag erken is, maar dit is nie gevind nie; daarom is hulle vrygestel van die priesterskap. 63Die leiers van Yisra’el het vir hulle gesê dat hulle nie mag eet van die mees afgesonderde dinge nie totdat ’n hoofpriester sou opstaan en navraag doen met urim en tummim.

64Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig, 65behalwe hulle slawe en hulle slavinne, waarvan daar sewe duisend drie honderd sewe en dertig was en hulle wat met sang bedien het, twee honderd sangers en sangeresse. 66Hulle perde was sewe honderd ses en dertig; hulle muile, twee honderd vyf en veertig; 67hulle kamele, vier honderd vyf en dertig; hulle donkies, ses duisend sewe honderd en twintig.

68Sommige van die hoofde van die vaders het, toe hulle by die huis van יהוה kom wat in Yerushalayim is, hulle vrywillig beskikbaar gestel vir die huis van God, om dit weer op te rig op sy plek. 69Hulle het volgens hulle vermoë gegee vir die befondsing van die werk: een en sestig duisend drams (0,6 ton) goud, vyf duisend manim (net meer as 3 ton) silwer en ’n honderd kledingstukke vir die priesters.

70So het dan die priesters, die Leviete, sommige van die volk, die sangers, die poortwagters, die tempelknegte en hulle wat in die stede woon na hulle plekke teruggekeer en die hele Yisra’el na hulle stede.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Ezra 1
Top of Page
Top of Page