Afrikaans PWL 1Die hele vergadering van die seuns van Yisra’el het, volgens die bevel van יהוה, uitgetrek op hulle reis uit die wildernis van Sien en kamp opgeslaan in Refidim. Daar was geen water vir die volk om te drink nie.
2Die volk het daarom met Moshe geargumenteer en gesê: “Gee vir ons water om te drink.” Moshe antwoord hulle: “Wat argumenteer julle met my? Waarom toets julle יהוה?”
3Die volk het daar gesmag na water en het teen Moshe gebrom en gesê: “Waarom het u ons uit Mitzrayim laat optrek om ons, ons seuns en ons vee van dors te laat doodgaan?”
4Moshe het uitgeroep na יהוה en gesê: “Wat moet ek met hierdie volk doen? Hulle is amper gereed om my te stenig.”
5יהוה antwoord Moshe: “Gaan verby, voor die volk uit en vat van die oudstes van Yisra’el saam met jou. Vat ook in jou hand die staf, waarmee jy die rivier (Nyl) geslaan het, saam en gaan.
6Let op, Ek sal daar voor jou op die rots by Horev staan en jy moet die rots slaan en daar sal water uitkom sodat die volk kan drink.” Moshe het so gedoen voor die oë van die oudstes van Yisra’el.
7Hy het die plek Massah en M’rivah genoem vanweë die stryery van die seuns van Yisra’el en omdat hulle יהוה getoets het deur te sê: “Is יהוה tussen ons of nie?” 8`Amalek het gekom en by Refidim teen Yisra’el geveg. 9Moshe het vir Y’hoshua gesê: “Kies sommige manne, trek uit en veg teen `Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.” 10Y’hoshua het gedoen soos Moshe vir hom gesê het en teen `Amalek geveg en Moshe, Aharon en Hur het opgeklim na die top van die heuwel. 11So het dit gebeur: terwyl Moshe sy hand ophou, was Yisra’el die sterkste, maar as hy sy hand laat sak, was `Amalek die sterkste. 12Die hande van Moshe het swaar geword, toe vat hulle ’n klip en sit dit onder hom sodat hy daarop kon sit en Aharon en Hur het sy hande ondersteun, die een aan die een kant en die ander aan die anderkant. So het sy hande dan stewig gebly tot sononder. 13Y’hoshua het `Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard verslaan. 14יהוה sê vir Moshe: “Skryf dit as ’n herinnering in ’n boek en herhaal dit in die ore van Y’hoshua: Ek sal die gedagtenis van `Amalek heeltemal onder die hemel uitwis.” 15Moshe het ’n altaar gebou en dit genoem: “יהוה-Nissi (יהוה-my-Banier)” 16en gesê: “Yah het gesweer! יהוה sal oorlog maak teen `Amalek van geslag tot geslag.” Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |