Prediker 2
Afrikaans PWL
1Ek het in my binneste gesê: “Kom nou, ek sal jou met vreugde toets, geniet daarom die goeie dinge.” Let op, ook dit was waardeloos. 2Van gelag het ek gesê: “Wat se plesier is daarin?” en van plesier: “Wat bereik jy?” 3Ek het in my binneste gedink om myself oor te gee aan wyn, maar my binneste het met wysheid argumenteer. Ek het insig beetgekry totdat ek kon sien wat goed is vir die seuns van die mens, wat hulle moet doen onder die son al die dae van hulle lewe. 4Ek het my diensknegte vermenigvuldig, ek het vir myself huise gebou, ek het wingerde vir myself geplant. 5Ek het vir myself tuine en parke aangelê en in hulle allerhande soorte bome met vrugte geplant. 6Ek het vir myself damme gemaak om die kwekery, wat bome produseer, nat te maak. 7Ek het vir myself slawe en slavinne verkry en het ’n groot huishouding gehad. Ek het ook ’n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Yerushalayim was. 8Ek het vir myself silwer en goud versamel en die besittings van konings en stede; ek het vir my sangers en sangeresse gekry en die plesiere van die seuns van die mens en ek het vir myself huisknegte en kelnerinne aangestel.

9Ek het groot geword en my rykdom het vermeerder, meer as almal wat voor my in Yerushalayim was; my wysheid het ook by my gebly. 10Wat ook al my oë begeer, het ek nie van hulle af weggehou nie; ek het nie my verstand, wil en emosie van enige vreugde teruggehou nie, want my verstand, wil en emosie het hom verheug in al my harde werk en hierdie was my deel van al my harde werk. 11Toe het ek gekyk na al die werke wat my hande tot stand gebring het en al die harde werk wat ek gedoen het en let op, dit was alles waardeloos en ’n ergernis in die gees en daar was geen voordeel onder die son nie.

12Ek het rondgekyk om na wysheid, malligheid en dwaasheid op te let, want wie is die man wat die koning kan oordeel, veral teenoor Hom wat hom gemaak het? 13Toe het ek gesien dat die wysheid uitstyg bo die dwaasheid soos die lig uitstyg bo die duisternis. 14Die wyse het sy oë in sy kop, maar die dwaas loop rond in duisternis en ek het self gesien dat een ongeluk met hulle almal gebeur. 15Toe het ek in myself gesê: “Die ongeluk van die dwaas sal my ook tref; hoekom was ek dan meer wys?” Toe sê ek vir myself: “Ook dit is waardeloos.” 16Die dwaas praat oppervlakkig, maar die wyse word nie vir ewig méér onthou as die dwase nie, aangesien wat nou is, in die dae wat kom vergete sal wees en net soos die wyse sterf, net so die dwaas! 17Ek het daarom die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, is pynlik vir my, want alles is waardeloos en ’n ergernis van gees.

18Ja, ek het al my harde werk gehaat wat ek onder die son gedoen het, want ek moet dit los vir die man wat ná my kom 19en wie weet of hy ’n wyse sal wees of ’n dwaas? Tog sal hy heerskappy hê oor al my harde werk wat ek gedoen het en waarin ek myself wys bewys het onder die son. Ook dit is dan waardeloos; 20daarom het ek my siening, oor al die harde werk waarin ek onder die son gewerk het, verander. 21Daar is ’n man wat met wysheid, kennis en bekwaamheid werk; tog los hy sy deel vir ’n man wat nie daarvoor gewerk het nie. Ook dit is waardeloos en ’n groot teëspoed, 22want watter voordeel sal die mens hê van al sy harde werk en van die begeertes van sy binneste waarin hy onder die son hard gewerk het? 23Want al sy dae is vol smarte en sy bemoeienis is verdriet; ja, selfs snags rus sy verstand, wil en emosie nie. Dit is ook waardeloos.

24Daar is niks beter vir ’n man as dat hy sou eet en drink en sy lewe, die goeie van sy harde werk, geniet nie. Dit het ek ook gesien, dat dit kom uit die hand van God, 25want wie kan eet en geniet sonder Hom? 26Want vir ’n mens wat goed is in Sy Teenwoordigheid, gee God wysheid, kennis en vreugde, maar vir die sondaar gee hy harde werk om bymekaar te maak en te versamel, om ook dit te gee aan hom wat goed is in die Teenwoordigheid van God. Ook dit is waardeloos en ’n ergernis van gees.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Ecclesiastes 1
Top of Page
Top of Page