Daniël 8
Afrikaans PWL
1In die derde jaar van die regering van koning Belshatzar, het ’n visioen aan my, Dani’el, verskyn ná dié een wat vroeër aan my verskyn het. 2Ek het in my visioen gesien en dit het gebeur. Ek was in die paleis, in Shushan, in die provinsie `Eilam en ek het in my droom gesien dat ek by die Ulaistroom staan. 3Toe het ek my oë opgelig en gesien en let op, daar staan ’n ram voor die stroom met twee horings en die twee horings was hoog, maar die een was hoër as die ander en die hoogste het laaste uitgekom. 4Ek het die ram gesien stoot na die weste, na die noorde en na die suide en geen dier kon voor hom staan nie en daar was niemand wat uit sy hand kon bevry nie, maar hy het gedoen volgens sy wil en het groot geword.

5Terwyl ek dit beskou het, let op, ’n bokram kom uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om die grond te beskadig en die bokram het ’n prominente horing tussen sy oë gehad. 6Hy het na die ram toe gekom wat twee horings het, wat ek voor die rivier sien staan het en teen hom vas gehardloop met die woede van sy krag. 7Toe hy die ram bereik het, was hy woedend vir hom en het die ram gestamp en sy twee horings gebreek en daar was geen krag in die ram om voor hom staande te bly nie, maar hy het hom teen die grond gegooi en hom vertrap en daar was niemand wat die ram uit die mag van die bokram kon red nie; 8daarom het die bokram uitermate groot geword en toe hy sterk was, het sy groot horing afgebreek en vier prominente horings het in sy plek uitgekom, in die rigting van die vier windstreke van die hemel.

9Uit een van hulle het ’n klein horinkie na die suide en na die ooste toe uitgekom, wat uitermate groot geword het. 10Dit het groot gegroei, selfs tot by die leërmag van die hemel en dit het sommige van die leërmag en van die sterre, op die aarde neergegooi en hulle vertrap. 11Dit het ditself verhoog, selfs tot by die Prins van die leërmag en van Hom die aanhoudende offers weggevat en die plek van Sy Afgesonderde Plek afgebreek. 12’n Leërmag is aan die horing gegee teen die voortdurende offer deur oortredings en die afgesonderde voorwerp is teen die grond neergegooi en die horing het aangegaan en was voorspoedig. 13Toe hoor ek ’n afgesonderde praat en ’n ander afgesonderde het aan die een wat praat, gesê: “Hoe lank sal die visioen aangaande die voortdurende offer duur en hoe gou sal die oortreding en korrupsie verby wees en die Afgesonderde Plek en leërmag onder voete vertrap word?” 14Hy het vir my gesê: “Twee duisend drie honderd dae, dan sal onpartydige opregtheid oorwin.”

15Dit het gebeur toe ek, Dani’el, die visioen gesien en dit probeer verstaan het, let op, toe staan daar voor my asof die voorkoms van ’n man 16en ek hoor ’n mansstem tussen die banke van die Ulai, wat uitroep en sê: “Gavri’el, laat hierdie man die visioen verstaan!” 17Hy het gekom na waar ek staan en toe hy gekom het, was ek bang en het ek op my gesig geval, maar hy het vir my gesê: “Verstaan, o seun van die mens, want teen die tyd van die einde, sal die visioen wees.”

18Terwyl hy met my praat, was ek in ’n diep slaap met my gesig op die grond, maar hy het my aangeraak en my laat regop staan 19en vir my gesê: “Let op, ek sal jou wys wat aan die einde van die woede sal gebeur, want met die afhandeling van die bepaalde tyd, sal die einde wees.

20Die ram wat jy gesien het met die twee horings, verteenwoordig die konings van die Mede en die Perse.

21Die bokram is die koning van Griekeland en die groot horing wat tussen sy oë was, is die eerste koning. 22Die horing wat gebreek is en vier ander het onder dit opgestaan: vier konings sal uit sy volk uit opstaan, maar nie in hul eie krag nie

23en aan die einde van hulle koninkryk, wanneer die oortredings tot ’n einde kom, sal ’n koning met ’n harde voorkoms, wat raaisels verstaan, opstaan

24en sy krag sal sterk wees, maar nie deur sy eie krag nie en hy sal verskriklike vernietiging veroorsaak en voorspoedig wees en oorgaan en die magtige en afgesonderde volk vernietig

25en deur sy slinksheid en bedrog sal sy heerskappy voorspoedig wees en hy sal homself groot maak in sy verstand, wil en emosie en hy sal skielik baie mense vernietig en hy sal ook opstaan teen die Prins van prinse, maar hy sal maklik oorwin word.

26Die visioen van die aande en die oggende wat vertel is, is waar en wat jou betref, Dani’el, hou hierdie visioen geheim, want dit sal vir baie dae nie wees nie.”

27Ek, Dani’el, het gebewe en was vir ’n paar dae omgekrap; toe het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen en ek was verstom oor die visioen, maar niemand het dit verstaan nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Daniel 7
Top of Page
Top of Page