Amos 3
Afrikaans PWL
1Gee ag op hierdie boodskap wat יהוה teen julle gepraat het, seuns van Yisra’el; teen die hele familie wat Hy uit die land van Mitzrayim gebring het:

2“Julle alleen het Ek uit al die families van die aarde gekies; dáárom sal Ek julle straf vir al julle onregverdighede.

3Loop twee manne saam as hulle nie ’n afspraak gemaak het nie?

4Brul ’n leeu in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ’n jong leeu grom uit sy lêplek as hy nie iets gevang het nie?

5Sal ’n voël in ’n net op die grond val as daar geen aas in is nie? Sal ’n wip van die grond af opspring wanneer dit niks gevang het nie?

6As ’n ramshoring in die stad geblaas word, sal die mense nie bewe nie? As ’n katastrofe in die stad gebeur, het יהוה dit nie gedoen nie?”

7Sekerlik doen יהוה-God niks tensy Hy Sy geheime raadsbesluit aan Sy diensknegte, die profete, openbaar het nie.

8’n Leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? יהוה-God het gepraat, wie kan nie anders as om te profeteer nie?

9Verkondig oor die kastele in Ashdod en oor die kastele in die land van Mitzrayim en sê: “Maak julleself bymekaar op die berge van Shomron en sien die groot storms in haar midde en die onderdrukking in haar midde, 10maar hulle weet nie hoe om te doen wat reg is nie, verklaar יהוה, hulle wat geweld en vernietiging ophoop in hulle kastele;”

11daarom, so sê יהוה-God: “’n Vyand, een wat die land omsingel, sal jou krag van jou af neerwerp en jou kastele sal geplunder word.”

12So sê יהוה: “Net soos ’n herder ’n paar pote of ’n stukkie oor red uit die bek van ’n leeu, net so sal die seuns van Yisra’el wat in Shomron bly, saam met hulle wat in Dammesek bly, deur ’n staf wat skielik slaan, gered word.

13Luister en getuig teen die huis van Ya’akov,” verklaar יהוה-God, die God van die leërmagte,

14want op die dag wat Ek Yisra’el se oortredinge straf, sal Ek die altare van Beit-El straf; die horings van die altaar sal afgesny word en hulle sal op die grond val.

15Ek sal ook die wintershuis saam met die somershuis tref; die huise van ivoor sal ook vergaan en die groot huise sal tot ’n einde kom,” verklaar יהוה.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Amos 2
Top of Page
Top of Page