Afrikaans PWL 1Toe kom al die stamme van Yisra’el na Dawid in Hevron en sê: “Let op, ons is u vlees en bloed!
2Vroeër, toe Sha’ul koning oor ons was, was ú die een wat Yisra’el uit- en ingelei het en יהוה het vir u gesê: “Jy sal My volk Yisra’el oppas en jy sal ’n heerser wees oor Yisra’el.”
3So het al die oudstes van Yisra’el na die koning in Hevron gekom en koning Dawid het met hulle ’n verbond in Hevron gesluit voor die Teenwoordigheid van יהוה; toe het hulle Dawid as koning oor Yisra’el gesalf.
4Dawid was dertig jaar oud toe hy koning geword het en het vir veertig jaar regeer.
5In Hevron het hy vir sewe jaar en ses maande oor Y’hudah regeer en in Yerushalayim het hy vir drie en dertig jaar oor die hele Yisra’el en Y’hudah regeer. 6Die koning en sy manne het na Yerushalayim gegaan, teen die Y’vusiete, die inwoners van die land. Hulle het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier inkom nie, selfs die blindes en lammes sal jou verslaan.” Hulle het gedink: “Dawid kan nie hier inkom nie.” 7Nogtans het Dawid die vesting van Tziyon ingeneem; dit is, die stad van Dawid. 8Dawid het op daardie dag gesê: “Wie ook al die Y’vusiete verslaan, laat hom die lammes en die blindes, wat Dawid se verstand, wil en emosie haat, deur die waterkanaal bereik.” Hulle sê daarom: “Die blindes en lammes mag nie in die huis kom nie.” 9Dawid het in die vesting gaan bly en dit ‘die stad van Dawid’ genoem en Dawid het rondom, van die vesting af na die binnekant, gebou. 10Dawid het voortdurend groter geword, want יהוה-Tzva’ot, was by hom. 11Toe stuur Hiram, die koning van Tzor, boodskappers na Dawid met sederhout, skrynwerkers en klipkappers en hulle het vir Dawid ’n huis gebou. 12Dawid het besef dat יהוה hom as koning oor Yisra’el bevestig het en dat Hy sy koningskap opgelig het ter wille van Sy volk Yisra’el. 13Intussen het Dawid meer byvroue en vroue vanaf Yerushalayim gevat nadat hy van Hevron af gekom het en nog seuns en dogters is vir Dawid gebore. 14Hierdie is die name van dié wat vir hom in Yerushalayim gebore is: Shamua, Shovav, Natan, Shlomo, 15Yivgar, Elishua, Nefeg, Yafia, 16Elishama, Elyada en Elifelet. 17Toe die F’lishtyne hoor dat hulle Dawid as koning oor Yisra’el gesalf het, het al die F’lishtyne opgetrek om Dawid te soek en toe Dawid daarvan hoor, het hy afgegaan na die vesting. 18Die F’lishtyne het gekom en hulleself uitgesprei oor die vallei van Refa’im. 19Toe het Dawid יהוה geraadpleeg en gesê: “Sal ek optrek teen die F’lishtyne? Sal U hulle in my hand gee?” יהוה het vir Dawid gesê: “Gaan op, want Ek sal die F’lishtyne verseker in jou hand gee.” 20Dawid het by Ba’al-P’ratzim gekom en hulle daar verslaan en gesê: “יהוה het voor my deur my vyande gebreek soos water deurbreek.” Hy het daarom dié plek Ba’alP’ratzim genoem. 21Hulle het hul afgode daar agtergelaat en Dawid en sy manne het dit weggedra. 22Die F’lishtyne het weer opgekom en hulleself uitgesprei oor die vallei van Refa’im. 23Toe Dawid יהוה geraadpleeg het, het Hy gesê: “Jy moenie direk opgaan nie; gaan agter hulle om en val hulle aan voor die balsembome. 24Dit sal wees dat wanneer jy die klank van ’n opmars in die toppe van die balsembome hoor, jy gou moet maak, want dan het יהוה voor jou uitgetrek om die leër van die F’lishtyne te verslaan.” 25Dawid het gedoen net soos יהוה hom beveel het en hy het die F’lishtyne neergeslaan vanaf Geva tot by Gezer. Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |