2 Kronieke 3
Afrikaans PWL
1Toe het Shlomo die gebou van יהוה begin bou in Yerushalayim op die berg Moriyah waar sy vader, Dawid, voorberei het op die dorsvloer van Aravnah, die Y’vusiet. 2Hy het begin om die tempel te bou in die tweede maand van die vierde jaar van sy regering.

3Hierdie is die mates wat Shlomo gemeet het vir die bou van die gebou van יהוה: die lengte van die gebou volgens die standaard mate, was sestig el, die hoogte dertig el en die breedte twintig el. 4Die stoep wat hy vooraan gemaak het, so lank soos die breedte van die gebou, twintig el en die hoogte twintig el en hy het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek. 5Die groot vertrek het hy met sipreshout, wat hy met fyn goud oorgetrek het, bedek en die beelde van palmbome en kettings daarop uitgegraveer. 6Hy het die gebou met kosbare stene versier vir mooiheid en dit alles met fyn goud oorgetrek. 7Hy het ook die gebou, vanaf die voorkant van die stoep, sy mure en die deurkosyne met fyn goud oorgetrek en beelde van palmbome en blomme daarop gegraveer.

8Hy het die Mees Afgesonderde Plek se vertrek gemaak; die lengte daarvan was dieselfde as die breedte van die gebou, twintig el en sy breedte, twintig el. Hy het dit oorgetrek met fyn goud van ses honderd talente. 9Hy het ook die bo-vertrekke met goud oorgetrek.

10In die Mees Afgesonderde Plek het hy twee gérubs gemaak van soliede materiaal en dit met fyn goud oorgetrek.

11Die vlerke van die gérubs was twintig el lank; een vlerk van een gerub was vyf el en het geraak aan die muur van die gebou en die ander vlerk, ook vyf el, het geraak aan die ander gerub se vlerk. 12Die vlerk van die ander gerub van vyf el het geraak aan die muur van die vertrek en die ander vlerk van vyf el was vas teen die vlerk van die ander gerub. 13Hierdie gérubs se vlerke het twintig el uitgesprei en hulle het op hul voete gestaan met hul gesigte na die binnekant toe.

14Hy het die bedekkingsgordyn van blou, purper, donkerrooi en fyn linne gemaak met gérubs daarop aangebring. Hy het die ark daarbinne gesit.

15Verder het hy twee groot pilare voor die gebou gemaak; agtien el lank met die pilaar kopstuk bo-op elkeen, vyf el hoog. 16Hy het ook kettings gemaak van vyftig el lank en hulle op die bokant van die pilare gesit. Hy het ’n honderd granate gemaak en op die ketting gesit. 17Hy het die twee pilare voor die tempel opgerig, die een aan die regterkant en die ander, links. Hy het die een aan die regterkant Yakhin genoem en die een aan die linkerkant Bo’az.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Chronicles 2
Top of Page
Top of Page