2 Kronieke 27
Afrikaans PWL
1Yotam was vyf en twintig jaar oud toe hy begin heers het en hy het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer. Die naam van sy moeder was Yerushah, die dogter van Tzadok. 2Hy het gedoen dit wat reg was in die oë van יהוה net soos sy vader, `Uziyahu, gedoen het. Nogtans het hy nagelaat om in die tempel van יהוה in te gaan en die volk was steeds korrup. 3Hy het die Boonste Poort van die huis van יהוה gebou en die muur voltooi en verbeter. 4Verder het hy stede gebou in die land van Y’hudah en in die woude het hy kastele en torings gebou. 5Hy het ook teen die `Ammoniete geveg en hulle oorwin. Die seuns van `Ammon het aan hom in dié jaar ’n honderd talente silwer en tien duisend kor koring en tien duisend kor gars gegee. Die `Ammoniete het ook vir hom dieselfde in die tweede en derde jaar gegee. 6Yotam het magtig geword, want hy het sy lewenswyse voor die Teenwoordigheid van יהוה, sy God, gevestig. 7Die res van die dade van Yotam, al sy oorloë en sy lewenswyse, let op, dit is opgeskryf in die ‘Boek van die konings van Yisra’el en Y’hudah.’ 8Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het en het vir sestien jaar in Yerushalayim regeer. 9Yotam is neergelê by sy vaders en hy is begrawe in die stad van Dawid. Agaz, sy seun, het in sy plek geheers.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Chronicles 26
Top of Page
Top of Page