2 Kronieke 21
Afrikaans PWL
1Y’hoshafat is neergelê by sy vaders en begrawe by sy vaders in die stad van Dawid. Y’horam sy seun het in sy plek geheers. 2Hy het broers gehad, seuns van Y’hoshafat: `Azaryah, Yegi’el, Z’kharyahu, `Azaryahu, Mikha’el en Sh’fatyahu; hulle was almal seuns van Y’hoshafat, koning van Y’hudah. 3Hulle vader het aan hulle baie geskenke gegee in silwer, goud en baie ander geskenke saam met versterkte stede in Y’hudah, maar die koninkryk het hy aan Y’horam gegee, want hy was die eersgeborene.

4Toe Y’horam opgestaan het in die koninkryk van sy vader en homself versterk het, het hy in ’n geveg al sy broers met die swaard doodgemaak sowel as sommige van die oudstes van Yisra’el. 5Y’horam was twee en dertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het agt jaar lank in Yerushalayim geheers. 6Hy het in die lewenswyses van die konings van Yisra’el geleef, soos die huis van Ag’av gedoen het, want Ag’av se suster was sy vrou en hy het dit gedoen wat boos was in die oë van יהוה. 7יהוה wou egter nie die huis van Dawid vernietig nie, ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het en omdat Hy belowe het om vir hom en sy seuns ’n erfgenaam te gee vir ewig.

8In sy dae het die Edomiete rebelleer onder die heerskappy van Y’hudah en vir hulleself ’n koning aangestel. 9Toe het Y’horam en sy prinse en al sy strydwaens oor die Yarden getrek en in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom, die prinse en die strydwaens omsingel het. 10So het die Edomiete teen Y’hudah rebelleer tot vandag toe. Terselfdertyd het die Edomiete wat in Livnah gebly het, gerebelleer teen sy heerskappy, want Y’horam het יהוה, die God van sy vaders, verlaat. 11Hy het ook tempels op hoë plekke in die berge van Y’hudah gemaak en die Natzireërs in Yerushalayim laat wyn drink en die huis van Y’hudah verstrooi.

12Daar is aan hom ’n brief vanaf Eliyahu, die profeet, gebring wat sê: “So sê יהוה, die God van Dawid, u vader: omdat u nie geleef het in die lewenswyses van Y’hoshafat, u vader, of in die lewenswyses van Asa, koning van Y’hudah, nie, 13maar geleef het in die lewenswyses van die konings van Yisra’el en veroorsaak het dat Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim afgedwaal het na die hoererye van die huis van Ag’av en selfs u broers, die huis van u vader, vermoor het, wat beter was as u, 14let op, יהוה sal u met ’n groot plaag tref, saam met u volk, u seuns, u vroue en al u besittings. 15U self sal sterf aan ’n ernstige siekte, verteer word van binne totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom en u sal vir baie jare geteister word.

16יהוה het ook die gees van die F’lishtyne en van die Arabiere wat naby die Kushiete is, teen Y’horam opgewek. 17Hulle het teen Y’hudah opgetrek en dit verower en alles wat in die huis van die koning te vinde was, weggevoer, ook sy seuns en sy vroue sodat daar vir hom geen seun oorgebly het nie, behalwe Agazyah, sy jongste seun.

18Ná dit alles het יהוה hom in sy ingewande aangetas met ’n ongeneeslike siekte. 19Dit het gebeur dat met verloop van tyd, ná die einde van twee jaar, die woorde van die profeet waar geword het, sy ingewande het uitgekom weens sy siekte sodat hy onder hewige pyn gesterf het. Sy volk het hom nie vereer met ’n begrafnis soos vir sy vaders nie. 20Hy was twee en dertig jaar oud toe hy begin heers het en hy het vir agt jaar in Yerushalayim regeer en sy heengaan was nie ’n teleurstelling nie en hy is begrawe in die stad van Dawid, sy vader, maar nie in die grafte van die konings nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Chronicles 20
Top of Page
Top of Page