1 Kronieke 6
Afrikaans PWL
1Die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari. 2Die seuns van K’hat: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el. 3Die seuns van `Amram: Aharon, Moshe en Miryam. Die seuns van Aharon: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar. 4El’azar was die vader van Pingas, Pingas was die vader van Avishua. 5Avishua was die vader van Bukki. Bukki was die vader van `Uzi. 6`Uzi was die vader van Z’ragyah. Z’ragyah was die vader van M’rayot. 7M’rayot was die vader van Amaryah. Amaryah was die vader van Agituv. 8Agituv was die vader van Tzadok. Tzadok was die vader van Agima’atz. 9Agima’atz was die vader van `Azaryah. `Azaryah was die vader van Yoganan. 10Yoganan was die vader van `Azaryah. Dit is hy wat in die priestersamp bedien het in die tempel wat Shlomo in Yerushalayim gebou het. 11`Azaryah was die vader van Amaryah. Amaryah was die vader van Agituv. 12Agituv was die vader van Tzadok. Tzadok was die vader van Shallum. 13Shallum was die vader van Hilkiyahu. Hilkiyahu was die vader van `Azaryah. 14`Azaryah was die vader van S’rayahu. S’rayahu was die vader van Y’hotzadak. 15Y’hotzadak is saam in ballinskap weggedra toe יהוה vir Y’hudah en Yerushalayim weggevoer het deur die hand van N’vukhadnetzar.

16Die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari. 17Dit is die name van die seuns van Gershon: Livni en Shim’i. 18Die seuns van K’hat: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el. 19Die seuns van M’rari: Magli en Mushi. Hierdie is die families van die Leviete volgens hulle vaders: 20Van Gershon: sy seun Livni, se seun Yagat, se seun Zimmah, 21se seun Yo’ag, se seun `Iddo, se seun Zerag en se seun Ye’atrai. 22Die seuns van K’hat: sy seun `Amminadav, se seun Korag, se seun Assir, 23se seun Elkanah, se seun Evyasaf, se seun Assir, 24se seun Tagat, se seun Uri’el, se seun `Uziyah en sy seun Sha’ul. 25Die seuns van Elkanah: Amasai en Agimot. 26Wat Elkanah, die seun van Elkanah betref: sy seun Tzofai, se seun Nagat, 27se seun Eli’av, se seun Yerogam en se seun Elkanah. 28Die seuns van Sh’mu’el: Yo’el, die eersgeborene en die tweede Aviyah. 29Die seuns van M’rari: Magli, se seun Livni, se seun Shim’i, se seun `Uzah, 30se seun Shim’a, se seun Hagiyah en se seun `Azayah.

31Hierdie is hulle almal wat Dawid aangestel het om te bedien in die huis van יהוה waar die ark gestaan het. 32Hulle het met baie sang in die Teenwoordigheid van יהוה, in die Tent van die Vergadering, bedien totdat Shlomo die huis van יהוה in Yerushalayim gebou het en toe het hy hulle in hul dienswerk aangestel volgens hulle orde. 33Hierdie is die bedienaars en hulle seuns: van die seuns van die K’hatiete, van die familie van die Leviete: Heman en Yo’el, die seun van Sh’mu’el, 34die seun van Elkanah, die seun van Yerogam, die seun van Eli’el, die seun van Toag, 35die seun van Tzuf, die seun van Elkanah, die seun van Magat, die seun van `Amasai, 36die seun van Elkanah, die seun van Yo’el, die seun van `Azaryah, die seun van Tz’fanyah, 37die seun van Tagat, die seun van Assir, die seun van Evyasaf, die seun van Korag, 38die seun van Yitz’har, die seun van K’hat, die seun van Levi, die seun van Yisra’el 39en sy broer Asaf, wat aan die regterhand gestaan het. Asaf, die seun van Berekhyah, die seun van Shim’a, 40die seun van Mikha’el, die seun van Ba’aseyah, die seun van Malkiyah, 41die seun van Etni, die seun van Zerag, die seun van `Adayah, 42die seun van Eitan, die seun van Zimmah, die seun van Shm’i, 43die seun van Yagat, die seun van Gershom, die seun van Levi. 44Hulle broers, die seuns van M’rari, het aan die linkerhand gestaan: Eitan, die seun van Kishi, die seun van `Avdi, die seun van Mallukh, 45die seun van Hashavyah, die seun van Amatzyah, die seun van Hilkiyah, 46die seun van Amtzi, die seun van Bani, die seun van Shemer, 47die seun van Magli, die seun van Mushi, die seun van M’rari, die seun van Levi. 48Hulle broers, die Leviete, is aangestel vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God,

49maar Aharon en sy seuns het op die brandofferaltaar en op die wierookaltaar geoffer en is aangestel vir al die werk in die Mees Afgesonderde Plek en om toedekking te doen vir Yisra’el, volgens alles wat Moshe, die dienskneg van God, beveel het. 50Hierdie is die seuns van Aharon: El’azar was sy seun, Pingas sy seun, Avishua sy seun; 51Bukki sy seun, `Uzi sy seun, Z’ragyah sy seun, 52M’rayot sy seun, Amaryah sy seun, Agituv sy seun, 53Tzadok sy seun, Agima’atz sy seun.

54Hierdie was die stede wat toegewys was aan die families regdeur hulle grense: aan die seuns van Aharon, die familie van die K’hatiete, (want aan hulle was die eerste lot), 55aan hulle is gegee: Hevron, in die land Y’hudah en sy gebied rondom, 56maar al die saaigrond van die stad en sy dorpe rondom, het hulle vir Kalev, die seun van Y’funneh, gegee. 57Aan die seuns van Aharon het hulle al die stede van ontvlugting gegee en aan die priesters: Hevron met sy dorpies, Livnah met sy dorpies, Yatir met sy dorpies, Esht’moa met sy dorpies, 58Hilen met sy dorpies, D’vir met sy dorpies, 59`Ashan met sy dorpies en Beit-Shemes met sy dorpies; 60van die stam van Binyamin: Geba met sy dorpies, `Alemet met sy dorpies en `Anatot met sy dorpies. Al hulle stede in al hulle families, was dertien stede.

61Aan die ander seuns van K’hat, wat geërf het uit die stam van M’nasheh, is tien stede gegee. 62Aan die seuns van Gershom, volgens hulle families, uit die stamme van Yissakhar, uit die stam van Asher, uit die stam van M’nasheh en uit die stam van Naftali in Bashan, is dertien stede gegee. 63Aan die seuns van M’rari is volgens die lot, volgens hulle families, uit die stam van Re’uven, uit die stam van Gad en uit die stam van Z’vulun, twaalf stede gegee. 64Die seuns van Yisra’el het aan die Leviete hierdie stede met hulle dorpies gegee 65en hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Y’hudah en uit die stam van die seuns van Shim’on en uit die stam van die seuns van Binyamin hierdie stede gegee wat genoem is volgens die name van die families van die Kohatiete.

66Hulle het ook nog ander stede en hulle dorpies uit die stam van Efrayim gehad. 67Hulle het aan hulle uit die stede van ontvlugting gegee: Sh’khem met sy dorpies, in die Efrayimgebergte, Gezer met sy dorpies, 68Beit-Horon met sy dorpies, 69Ayalon met sy dorpies en Gat-Rimmon met sy dorpies. 70Uit die halwe stam van M’nasheh: `Aner met sy dorpies, Bil’am met sy dorpies; vir die erfenis van die families van die seuns van K’hat.

71Aan die seuns van Gershom is uit die halwe stam van M’nasheh gegee: Golan in Bashan met sy dorpies en `Ashtarot met sy dorpies; 72uit die stam van Yissakhar: Kedesh met sy dorpies, Davrat met sy dorpies 73en `Anem met sy dorpies; 74uit die stam van Asher: Mashal met sy dorpies, `Avdon met sy dorpies, 75Hukok met sy dorpies en Regov met sy dorpies; 76uit die stam van Naftali: Kedesh in die Galil met sy dorpies, Hammon met sy dorpies en Kiryatayim met sy dorpies.

77Aan die familie van M’rari wat uit die stam van Z’vulun geërf het, is gegee: Rimmono met sy dorpies, Tavor met sy dorpies 78en oorkant die Yarden by Yerigo, aan die oostekant van die Yarden, is vir hulle gegee uit die stam van Re’uven: Betzer in die wildernis met sy dorpies, Yahatz met sy dorpies, 79K’demot met sy dorpies en Mefa’at met sy dorpies; 80uit die stam van Gad: Ramot met sy dorpies, Maganayim met sy dorpies, 81Heshbon met sy dorpies en Ya’zer met sy dorpies.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 5
Top of Page
Top of Page