1 Kronieke 2
Afrikaans PWL
1Hierdie is die seuns van Yisra’el: Re’uven, Shim’on, Levi, Y’hudah, Yissakhar, Z’vulun, 2Dan, Yosef, Binyamin, Naftali, Gad en Asher.

3Die seuns van Y’hudah: `Er, Onan en Shelah, hierdie drie is vir hom gebore by Bat-Shua, die Kena’aniet. `Er, die eersgeborene van Y’hudah, was boos in die oë van יהוה en Hy het hom doodgemaak. 4Tamar, sy skoondogter, het vir hom geboorte gegee aan Peretz en Zerag. Y’hudah het altesaam vyf seuns gehad.

5Die seuns van Peretz was Hetzron en Hamul. 6Die seuns van Zerag: Zimri, Eitan, Heiman, Kalkol en Dara; almal saam vyf. 7Die seuns van Karmi: `Akhan, die moeilikheidmaker vir Yisra’el, wat in die afgesonderde dinge oortree het. 8Die seun van Eitan was Azaryah.

9Die seuns van Hetzron wat vir hom gebore is: Yeregme’el, Aram en K’luvai. 10Aram was die vader van `Amminadav en `Amminadav van Nagshon, prins van die seuns van Y’hudah. 11Nagshon was die vader van Salmon en Salmon van Bo’az; 12Bo’az van `Oved en `Oved van Yishai;

13Yishai was die vader van Eli’av, sy eersgeborene en van Avinadav, die tweede en Shimmah, die derde; 14van N’tan’el, die vierde, van Raddai, die vyfde, 15van Otzem, die sesde en van Dawid, die agste. 16Hulle susters was Tz’ruyah en Avigayil. Die seuns van Tz’ruyah: Avishai, Yo’av en `Asah’el, drie. 17Avigayil het geboorte gegee aan `Amasa en die vader van `Amasa was Yeter.

18Kalev, die seun van Hetzron, het Yeriot by sy vrou `Azuva verwek en hierdie is haar seuns: Yesher, Shovav en Ardon. 19Toe `Azuva gesterf het, het Kalev vir hom Efrat gevat, wat geboorte gegee het vir hom aan Hur. 20Hur was die vader van Uri en Uri van B’tzal’el.

21Daarna het Hetzron ingegaan by die dogter van Makhir, die vader van Gil’ad, waarmee hy getrou het toe hy sestig jaar oud was en sy het vir hom geboorte gegee aan S’guv. 22S’guv was die vader van Ya’ir, wat drie en twintig stede in die land van Gil’ad gehad het. 23Na dit het Hetzron gesterf in Kalev se land, Efratah, toe sy vrou vir hom geboorte gegee het aan Ashgur, die vader van Tekoa. 24Die seuns van Yeragme’el, eersgeborene van Hetzron: Aram, die eersgeborene, Bunah, Oren en Otzem, hulle suster.

25Yeragme’el het nog ’n vrou gehad met die naam van `Atarah; sy was die moeder van Onam 26Die seuns van Aram, die eersgeborene van Yeragme’el, was Ma’atz, Yamin en `Eker. 27Die seuns van Onam: Shammai en Yada. Die seuns van Shammai: Nadav en Avishur. 28Die naam van die vrou van Avishur was Avigayil en sy het vir hom geboorte gegee aan Agban en Molid. 29Die seuns van Nadav: Seled en Appayim, maar Seled is dood sonder kinders. 30Die seun van Appayim was Yish’i; die seuns van Yish’i was Sheshan en Sheshan het gesterf sonder seuns. 31Die seuns van Yada, die broer van Shámmai: Yeter en Yonatan en Yeter is dood sonder kinders. 32Die seuns van Yonatan: Pelet en Zaza. Dit was die seuns van Yeragme’el. 33Sheshan het nie seuns gehad nie, net dogters en Sheshan het ’n Mitzrayitiese dienskneg gehad met die naam van Yarga. 34Sheshan het sy dogter vir hom as vrou gegee en sy het vir hom geboorte gegee aan `Attai. 35`Attai was die vader van Natan en Natan van Zavad. 36Zavad was die vader van Eflal en Eflal van `Oved. 37`Oved was die vader van Yehu en Yehu van `Azaryah. 38`Azaryah was die vader van Heletz en Heletz van El’asah. 39El’asah was die vader van Sismai en Sismai van Shallum. 40Shallum was die vader van Y’kamyah en Y’kamyah van Elishama. 41Die seuns van Kalev, die broer van Yeragme’el: Mesha, sy eersgeborene; hy was die vader van Zif.

42Die seuns van Mareshah, die vader van Hevron was Korag, Tappuag, Rekem en Shema. 43Shema was die vader van Ragam, die vader van Yorke’am; Rekem was die vader van Shammai. 44`Eifah, die byvrou van Kalev, het geboorte gegee aan Haran 45en Haran was die vader van Gazez. 46Die seuns van Shammai was Ma’on en Ma’on was die vader van Beit-Tzur. 47Die seuns van Yahdai: Regem, Yotam, Geshan, Pelet, `Eifah en Sha’af. 48Ma’akhah, die byvrou van Kalev, het geboorte gegee aan Shever en Tirganah. 49Sy het ook geboorte gegee aan Sha’af, die vader van Madmannah, Sh’va, die vader van Magbenah en die vader van Giv’a. Kalev se dogter was `Akhsah. 50Hierdie was die seuns van Kalev, die seun van Hur, die eersgeborene van Efratah: Shoval, die vader van Kiryat-Ye’arim, 51Salma, wat in Beit-Legem gebore is en Haref, wat in Beit-Gader gebore is. 52Daar is seuns vir Shoval gebore in Kiryat-Ye’arim: HaRo’eh, Yoval, Hazri, 53die Sumatiete, Netofat, Shamlah, die Soreatiete, Shegav en Hama. 54Al hierdie seuns is gebore vir Shoval in Kiryat-Ye’arim. 55Die families van die skrywers wat in Ya’betz gebly het: die Tir’atiete, die Shim’atiete en die Sukhatiete; dit is die Keiniete wat van Hammat, die vader van die huis van Rekhav, kom.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 1
Top of Page
Top of Page