1 Kronieke 13
Afrikaans PWL
1Dawid het beraadslaag met al die bevelvoerders oor duisend en oor ’n honderd, die leiers en goewerneurs oor Yisra’el. 2Dawid het aan die hele vergadering van Yisra’el gesê: “As julle dit goed vind, laat ons dit van יהוה, ons God, vra om dit wat stukkend is vir ons broers wat in al die dorpe van Yisra’el bly reg te maak en priesters en Leviete by hulle te laat bly in al die stede en hulle dorpies 3sodat hulle hulself bymekaar kan maak en na ons toe kom en tot יהוה, ons God, bid en Hom smeek as gevolg van ons sondes, want ons het nie tot Hom gebid in die dae van Sha’ul nie.” 4Die hele vergadering het gesê dat hulle dit sal doen.

5Dawid het die hele Yisra’el bymekaar gebring, vanaf die rivier van Mitzrayim, tot by die ingang na Hamat, om die ark van God uit Kiryat-Ye’arim te bring. 6Dawid, saam met die hele Yisra’el, het opgegaan na Kiryat-Ye’arim, wat aan Y’hudah behoort, om die ark van יהוה-God, Wat op die hoë gérubs woon, wat deur Sy Naam geken word, daarvandaan af op te bring. 7Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa gesit en dit uit die huis van Avinadav gedra en `Uza en sy broers het die wa gedryf. 8Dawid en die hele Yisra’el het voor die Teenwoordigheid van God gespeel met al hulle mag, met sang, met harpe, instrumentale musiek, met simbale en tamboeryne.

9Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het `Uza sy hand uitgesteek om die ark vas te hou, want die osse het na die dorsvloer gehardloop. 10Die woede van יהוה het ontvlam teen `Uza en Hy het hom daar doodgeslaan omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het en hy het daar voor die ark gesterf. 11Dawid was ontevrede omdat יהוה vir `Uza doodgemaak het; dit is waarom daardie plek Peretz-`Uza genoem word, tot vandag toe. 12Dawid was op daardie dag bang vir God en het gesê: “Hoe kan ek die ark van God na my huis toe bring?” 13Dawid was onwillig om die ark tuis te bring na die stad van Dawid en Dawid het beveel dat dit na die huis van `Oved-`Edom, die Gittiet, gedra word. 14Die ark van God het vir drie maande in die huis van `Oved-`Edom gebly en יהוה het die huis van `Oved-`Edom geseën met alles wat hy gehad het.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 12
Top of Page
Top of Page