1 Kronieke 10
Afrikaans PWL
1Die F’lishtyne het teen Yisra’el geveg en die manne van Yisra’el het voor die F’lishtyne weggevlug en baie is doodgeslaan op die Gilboa gebergte. 2Die F’lishtyne het Sha’ul en sy seuns ingehaal en die F’lishtyne het vir Y’honatan, Avinadav en Malkishua, die seuns van Sha’ul, doodgemaak. 3Die geveg het teen Sha’ul gedraai en die bekwame boogskutters het hom gevind en toe Sha’ul hulle sien, was hy baie bang vir hulle. 4Toe het Sha’ul vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, voordat hierdie onbesnedenes kom en my doodmaak en martel.” Sy wapendraer wou nie omdat hy baie bang was; daarom het Sha’ul sy eie swaard gevat en daarin geval. 5Toe sy wapendraer sien dat Sha’ul dood is, het hy net so in sy swaard geval en saam met hom gesterf. 6So het Sha’ul, sy drie seuns en sy wapendraer gesterf en al sy magtige manne het op daardie dag saam gesterf.

7Toe al die manne van Yisra’el wat aan die anderkant van die vallei en aan die anderkant van die Yarden was, sien dat Yisra’el gevlug het en dat Sha’ul en sy seuns doodgemaak is, het hulle die stede verlaat en gevlug en die F’lishtyne het gekom en daarin gaan bly.

8Dit het gebeur in die oggend, toe die F’lishtyne kom om die dooies te plunder, dat hulle Sha’ul en sy seuns dood op die gebergte van Gilboa kry. 9Hulle het hul koppe afgekap, hulle wapenrusting uitgetrek en hulle na die land van die F’lishtyne gestuur, deur al die dorpe, stede en provinsies, om die goeie nuus oor te dra aan hulle afgode en mense. 10Hulle het hul wapens en klere in die huis van hulle afgod neergesit en hulle liggame by die muur van Beit-Yashan opgehang.

11Toe die inwoners van Yavesh in Gil’ad alles hoor wat die F’lishtyne aan Sha’ul gedoen het, 12het al die dapper manne opgestaan en heel nag gegaan en die liggame van Sha’ul en die liggame van sy seuns van die muur van Beit-Yashan afgehaal en dit na Yavesh gebring en dit daar verbrand; hulle het hul gebeentes begrawe onder die eikeboom in Yavesh en sewe dae lank gevas.

13Sha’ul het gesterf as gevolg van die oortreding wat hy teen יהוה begaan het en as gevolg van die opdrag van יהוה, wat hy nie gehou het nie 14en ook omdat hy mense met bekende geeste geraadpleeg het en nie יהוה, sy God, geraadpleeg het nie; daarom is sy koninkryk aan Dawid, die seun van Yishai, gegee.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 9
Top of Page
Top of Page