Sagaria 2
Afrikaans PWL
1(2:5) Toe het ek my oë opgelig en gekyk en let op, daar was ’n man met ’n maatband in sy hand. 2(2:6) Toe sê ek: “Waar gaan u heen?” Hy antwoord my: “Om Yerushalayim te meet, om te sien hoe breed en hoe lank dit is.” 3(2:7) Let op, die boodskapper wat met my gepraat het, het uitgegaan en ’n ander boodskapper het uit gekom om hom te ontmoet 4(2:8) en vir hom gesê: “Hardloop, praat met daardie jongman en sê: ‘Yerushalayim sal bewoon word sonder mure as gevolg van die menigte van mense en beeste daarbinne, 5(2:9) want Ek,’ verklaar יהוה, ‘sal ’n vurige muur rondom haar wees en Ek sal die lof en eer in haar midde wees.’”

6(2:10) “Let op, vlug uit die land van die Noorde,” verklaar יהוה, “want Ek het julle verstrooi na die vier windstreke van die hemel,” verklaar יהוה. 7(2:11) “Let op, Tziyon! Vlug, jy wat by die dogter van Bavel bly,” 8(2:12) want so sê יהוה-Tzva’ot: “Vir lof, eer en aanbidding het Hy My gestuur teen die nasies wat julle geplunder het, want hy wat julle aanraak, raak Sy oogappel aan, 9(2:13) want, let op, Ek sal My hand oor hulle swaai sodat hulle dade plunder sal word, dan sal julle weet dat יהוה-Tzva’ot My gestuur het. 10(2:14) Sing van vreugde en wees bly, o dogter van Tziyon, want let op, Ek kom en sal in jou midde bly,” verklaar יהוה. 11(2:15) Baie nasies sal hulle in daardie dag aan יהוה verbind en sal My volk word, dan sal Ek in jou midde bly en jy sal weet dat יהוה-Tzva’ot My na jou toe gestuur het. 12(2:16) יהוה sal Y’hudah as Sy porsie in die afgesonderde land besit en sal Yerushalayim weer kies.

13(2:17) Alle vlees, wees stil voor יהוה, want Hy het opgestaan vanuit Sy afgesonderde blyplek.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Zechariah 1
Top of Page
Top of Page