Titus 3
Afrikaans PWL
1Herinner hulle om heersers en outoriteite te gehoorsaam, hulle te onderwerp en voorbereid te wees vir elke goeie werk; 2om niemand te beledig nie, nie te wedywer nie, maar nederig te wees in alles en aan alle mense hulle sagtheid te wys,

3want ons was ook vroeër dwaas, sonder oortuiging, ons was mislei, slawe van veranderende begeertes. Ons was betrokke in boosheid en jaloesie, verwerplik en het mekaar gehaat, 4maar toe Sy sagtheid en die liefdevolle goedheid van God, ons Lewegewer, openbaar is, 5het Hy ons Lewe gegee; nie op grond van die dade van onpartydige opregtheid, wat ons gedoen het nie, maar deur Sy eie liefde, deur die wassing van die geboorte wat van bo af is en deur die vernuwing van die Gees van Afsondering; 6die Een wat Hy oorvloediglik oor ons uitgestort het, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Lewegewer 7sodat ons deur Sy onverdiende guns onskuldig verklaar kan word en erfgename kan word deur die versekerde verwagting van die ewige lewe. 8Dit is ’n vertrouenswaardige boodskap en ek wil hê dat jy hulle van hierdie dinge sal verseker sodat die wat in God vertrou, ernstig kan wees om goeie werke te ontwikkel; hierdie dinge is goed en voordelig vir die mense,

9maar bly weg van dwase debatte, stories van geslagsregisters, twis en argumente van die leraars van die wet, want dit is onvrugbaar en waardeloos. 10Onttrek jou van ’n verkondiger van vals leringe ná die eerste en tweede waarskuwing, 11wetende dat so iemand wat wegdwaal van wat reg is, sondig en homself veroordeel.

12Wanneer ek Artemas of Tugikos na jou toe gestuur het, doen moeite om na my toe te kom in Nikopolis, want ek het besluit om daar te oorwinter. 13Aangaande Zenas, die leraar van die wet en aangaande Apollos moet jy moeite doen om hulle goed te versorg sodat hulle aan niks tekort het nie. 14Hulle sal ons mense ook leer om goeie dade te ontwikkel in sake van nood sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.

15Almal wat saam met my is, groet jou. Groet dié in vertroue vir wie ons omgee. Onverdiende guns bly by julle almal! Dit is waar.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Titus 2
Top of Page
Top of Page