Psalms 85
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 יהוה, U was goedgunstig tot U land; U het die gevangeskap van Ya’akov omgedraai.

2U het die oortredinge van U volk vergewe, al hulle sondes bedek.

3U het al U woede weggevat, U het die intensiteit van U woede teruggetrek.

4Herstel ons, o God, ons Verlosser en laat U woede teen ons ophou!

5Wees nie vir ewig vir ons kwaad nie, hou nie U woede teen al die geslagte nie.

6Herstel ons en wek ons op sodat U volk hulleself in U kan verheug.

7Wys ons U onverdiende guns, o יהוה en gee aan ons U verlossing!

8Ek sal hoor wat יהוה, ons God, sal sê, want Hy sal vrede oor Sy volk en oor Sy afgesonderdes praat dat hulle nie weer tot dwaasheid sal draai nie!

9Sy verlossing is sekerlik naby aan die wat Hom respekvol vrees, laat Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid in ons land bly.

10Onverdiende guns en waarheid ontmoet mekaar; onpartydige opregtheid en vrede soen mekaar.

11Waarheid sal uit die aarde uit opspring en onpartydige opregtheid sal uit die hemel uit neerkyk.

12Ja, יהוה sal Sy goedheid gee en die land sal sy opbrengs lewer

13en die onpartydig opregte gaan voor Hom uit en Hy sal sy paaie vestig op die aarde.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 84
Top of Page
Top of Page