Psalms 83
Afrikaans PWL
1’n Lied, ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek. 2 O God, wie is soos U? Moenie swyg en stil wees nie, o God,

2want let op, U vyande is rasend en hulle wat U haat het hulle kop opgelig teen U volk.

3Hulle het listige raad geneem en het beraadslaag teen hulle wat deur U gekies is.

4Hulle het gesê: “Kom, laat ons hulle vernietig vanuit tussen die nasies sodat die naam van Yisra’el nie meer onthou word nie,

5want hulle het saamgestem met een verstand, wil en emosie; hulle het saamgestaan teen U:

6die tente van Edom en die Yishma’eliete, Mo’av en die Hagrimiete,

7G’val, `Ammon en `Amalek, P’leshet saam met die inwoners van Tzor.

8Ashur het ook by hulle aangesluit; hulle help die seuns van Lot.

9Doen aan hulle soos aan Midyan, soos met Sisra en Yavin by die vallei van Kishon,

10wat vernietig is by `Ein-dor; hulle het soos mis geword vir die grond.

11Vernietig hulle edeles, soos `Orev en Ze’ev; ja al hulle prinse soos Zevag en Tzalmuna,

12want hulle het gesê: “Laat ons die stad van God vir onsself erf!

13O, my God, maak hulle soos ’n draaiende wiel en soos stoppels voor die wind.

14Soos vuur ’n bos brand en soos die vlam die berge aan die brand steek;

15vervolg hulle só met U hewige storm en maak hulle bang met U storm.

16Bedek hulle gesigte met skande sodat hulle U Naam (Karakter en Outoriteit) kan soek, o יהוה!

17Laat hulle verward en gepla wees vir ewig; ja laat hulle tot skande kom en vergaan

18sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam (Karakter en Outoriteit) alleen יהוה is, die Allerhoogste is oor die hele aarde.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 82
Top of Page
Top of Page