Psalms 81
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: op ’n Gittitiese harp, ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek. 2 Sing van vreugde tot God, ons sterkte; roep uit van vreugde tot die God van Ya’akov!

2Maak musiek met instrumente en bring die tamboeryn, die aangename harp en die lier.

3Blaas die ramshoring op die Nuwemaan en op die vasgestelde tye, op ons ernstige feesdae,

4want dit is ’n instelling vir Yisra’el en ’n wet van die God van Ya’akov.

5Hy het dit ingestel as getuienis in Yosef toe hy uitgegaan het na die land van Mitzrayim, waar hy ’n taal gehoor het wat hy nie geken het nie.

6Ek het die las van sy skouers af verwyder, Ek het sy hande losgemaak van die bande.

7Hy het na My geroep in sy moeilikheid en Ek het hom bevry; Ek het hom onder My geheime bedekking gesit; Ek het hom getoets by die waters van M’rivah.

8Luister, o My volk en Ek sal praat; o Yisra’el, Ek sal aangaande jou getuig, as jy na My sal luister!

9Daar mag geen vreemde god by jou wees nie en jy mag ook voor geen vreemde god neerbuig nie.

10Ek is יהוה, jou God, wat jou uit die land van Mitzrayim uitgebring het; maak jou mond wyd oop en Ek sal dit vul,

11maar My volk wou nie na My stem luister nie en Yisra’el wou niks van My weet nie.

12Hulle het geleef volgens die begeertes van hulle eie verstand, wil en emosie en volgens hulle eie raad.

13Ag, as My volk tog maar na My wou luister en hoor, Yisra’el in My lewenswyses wou leef!

14Ek sou hul vyande gou vernietig het en My hand teen hul teëstanders gedraai het.

15Die haters van יהוה het vir Hom gelieg, maar húlle sal vir ewig bewe.

16Hy het hulle ook gevoed met die beste van die koring en met heuning uit die rots hulle versadig.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 80
Top of Page
Top of Page