Psalms 75
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: op die wysie van “Moenie verwoes nie,” ’n gedig van Asaf, met instrumentale musiek; ’n lied. 2 Ons dank U, o God, ons dank U en roep U Naam aan.

2Ons sal al U wonderwerkende dade verkondig, dan sal die tyd kom wat U regverdig sal oordeel,

3dan sal die aarde en al sy inwoners verneder word; U het sy mense aangestel.

4U het vir die dwase gesê: “Moenie dwaas handel nie!” Vir die bose: “Moenie die horing oplig nie!”

5Moenie julle horing hoog oplig nie; moenie met ’n stywe nek praat nie,

6want verdediging kom nie van die weste of die ooste of van die woestynberge nie,

7maar God is die Regter; Hy verneder die een en verhef die ander,

8want in die hand van יהוה is daar ’n beker, vol van ’n mengsel van die afsaksel van wyn en Hy stuur dit van die een na die ander; sekerlik sal die bose van die aarde die afsaksel daarvan drink,

9maar ek sal vir ewig lewe; ek sal sing en musiek maak tot die God van Ya’akov.

10Ek sal ook al die horings van die bose afsny, maar die horings van die regverdige sal opgelig word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 74
Top of Page
Top of Page