Psalms 56
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier op die wysie van “Die stil duif in veraf plekke:” ’n gedig van Dawid, toe die Filistyne hom gevang het in Gat. 2 Bewys aan my onverdiende guns, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, onderdruk my die hele dag lank.

2My vyande vertrap my daagliks, want baie vegters het teen my opgestaan.

3Ek vrees nie deur die dag nie, want ek vertrou op U.

4In God sal ek opgelig word; in God het ek vertrou, ek sal nie vrees wat die mens aan my kan doen nie.

5Die hele dag lank sweer hulle saam teen my en hulle beplan boosheid teen my.

6Hulle sal wegkruip en wag, my voetstappe dophou omdat hulle my dood begeer.

7Hulle het gesê: “Hy het geen Verlosser nie.” Veroordeel hulle met die veroordeling van die nasies, o God!

8O God, ek het my vertroue in U verklaar; teken U my trane op in U boek,

9dan sal my vyande terugdraai en ek sal weet dat ek ’n God het.

10In God sal ek Sy boodskap helder en duidelik prys; in יהוה sal ek Sy boodskap helder en duidelik prys.

11In God het ek my vertroue geplaas, ek sal nie bang wees vir wat die mens aan my kan doen nie.

12Ek sal my beloftes tot U nakom, o God; ek sal hulle tot U aanbied in dank met uitgestrekte hande,

13want U het my lewe bevry van die dood en my voete van struikeling dat ek in die land van die lewendes aanvaarbaar mag lewe in U Teenwoordigheid, o God.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 55
Top of Page
Top of Page