Psalms 54
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier met snaarinstrumente: ’n onderriggewende gedig van Dawid, 2 toe die Zifiete gekom en aan Sha’ul gevra het: “Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?”

2O God, verlos my deur U Karakter en Outoriteit (Naam) en oordeel my regverdig deur U krag!

3Hoor my gebed, o יהוה, luister na die woorde van my mond,

4want vreemdelinge het teen my opgestaan en tiranne soek my lewe; hulle het God nie in ag geneem nie.

5Let op, יהוה-God is my Helper. יהוה ondersteun my lewe.

6Bring rampe oor my vyande. Maak hulle stil in U waarheid.

7Ek sal vryelik aan U offer, ek sal U Naam (Karakter en Outoriteit) loof en prys met uitgestrekte hande, o יהוה, want dié is goed, 9 want U het my uit alle moeilikheid bevry en my oog het my vyande verslane gesien.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 53
Top of Page
Top of Page