Psalms 52
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n onderriggewende gedig van Dawid, 2 toe Do’eg, die Edomiet, gekom en aan Sha’ul vertel en aan hom gesê het: “Dawid het na die huis van Agimelekh gegaan.”

2Hoekom beroem jy jou in boosheid, o kragtige krygsman? Die goedheid van God hou aan en aan!

3Jou tong beraam vernietiging soos ’n skerp skeermes, wat met misleiding werk!

4Jy het boosheid meer lief as goedheid en leuens meer as om onpartydig opreg te praat.

5Jy hou van almal wat boos praat en van alle bedrieglike tonge;

6daarom sal God jou vir ewig afbreek, jou wegskeur uit jou blyplek en jou ontwortel uit die land van die lewendes,

7dan sal die onpartydige opregtes dit sien en hulle verheug en in יהוה vertrou.

8Hulle sal sê: “Let op, hierdie is die man wat nie in God vertrou het nie, maar vertrou het in die oorvloed van sy rykdom en geroem het in sy besittings!”

9Ek is egter soos ’n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou vir ewig en ewig op die liefdevolle goedheid van God. 11 Vir ewig sal ek U loof en U dank met uitgestrekte hande, want U het dit gedoen en ek sal U Karakter en Outoriteit voor U goedgunstiges vir geslagte verkondig.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 51
Top of Page
Top of Page