Psalms 49
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van die seuns van Korag, met instrumentale musiek. 2 Hoor, luister en doen dit, alle volke. Gee aandag, alle bewoners van die wêreld,

2seuns van die aarde en seuns van die mens, ryk en arm dieselfde!

3My mond sal praat van wysheid en die meditasie van my verstand, wil en emosie sal insig wees.

4Ek sal my oor draai na vergelykende stories. Ek sal my spreuke met die harp openbaar.

5Ek sal nie vrees in die dae van boosheid, as die morele oortredings van my vyande my omring nie,

6hulle wat vertrou op hulle eie krag en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom.

7Sy broer kan ’n man nie loskoop nie en ook kan ’n man nie aan God ’n losprys gee vir homself nie,

8want die loskoop van hulle lewe is te kosbaar en hou vir ewig

9sodat hy ewig sou lewe en die vernietiging nie sou sien nie,

10maar hy sien wyse manne sterf, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle rykdom aan ander na.

11Die graf sal hul enigste blyplek wees, hul wonings van geslag tot geslag. Hulle gemerkte grafte sal die enigste herinnering aan hulle wees op aarde.

12Die mens word nie in stand gehou deur sy eer nie. Sy einde sal wees soos die diere en hy sal vergaan.

13Hulle lewenswyse is hulle en dié wat na hulle toe kom, wat hulle woorde goedkeur, se dwaasheid.

14Soos skape is hulle bestem vir die graf; die dood is hulle herder en die opregtes sal heers oor hulle in die oggend; die graf sal hulle skoonheid verteer en hulle sal geen plek van eer en lof hê nie,

15maar God sal my lewe loskoop, my oplig vanuit die mag van die graf.

16Moenie bang wees as iemand ryk gemaak word en die eer en lof van sy huis vergroot word nie,

17want by sy dood sal hy niks wegdra nie; ook sal sy lof en eer nie agter hom aan afgaan nie,

18want terwyl hy gelewe het, het hy gemaklik gelewe en jou geprys wanneer jy goed gedoen het.

19Sy einde sal wees soos die van sy vaders voor hom; hulle sal nooit die Lig sien nie.

20Die mens van aansien wat nie begrip het nie, is soos die diere wat vergaan.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 48
Top of Page
Top of Page