Psalms 31
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 In U, o יהוה, plaas ek my vertroue; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur U onpartydige opregtheid.

2Draai U oor na my toe en antwoord my gou; wees U vir my die Magtige God, die Helper, die Huis van skuiling en red my,

3want U is my Rots en my Vesting; daarom, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil, vertroos my en lei my.

4Trek my uit die net wat hulle in die geheim vir my gespan het, want U is my Beskermer.

5In U hand gee ek my gees oor; U het my verlos, יהוה, God van waarheid.

6Ek haat hulle wat valse aanbidding onderhou, maar ék vertrou in U, o יהוה.

7Ek wil in die rondte swaai van vreugde en blydskap in U goedheid en guns omdat U my pyniging gesien, my lewe in sy teisteringe geken en my nie oorgelewer het

8in die hand van my vyande nie. U het my voete in rustigheid gevestig.

9Wys onverdiende guns aan my, o יהוה, want ek is benoud; my oog word swak deur woede, ja, my lewe en my liggaam,

10want my lewe kwyn weg van verdriet en my jare van gesug; my krag faal as gevolg van my onregverdigheid en my gebeente teer weg.

11As gevolg van my teëstanders het ek ’n voorwerp van skande geword vir my bure en ’n voorwerp van skrik vir die wat my ken. Die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

12Ek is vergete, uit die gedagtes soos ’n dooie man; ek is soos ’n gebreekte houer,

13want ek het die skindertaal van baie mense gehoor terwyl hulle saam raad hou teen my en beplan om my lewe te neem.

14Ek vertrou egter op U, o יהוה! Ek sê: “U is my God, o יהוה.”

15Tye is in U hand; red my uit die hand van my vyande en van die wat my vervolg.

16Laat U gesig skyn oor U kneg, verlos my deur U liefdevolle goedheid.

17Laat my nie beskaamd staan nie, o יהוה, want ek roep uit na U; laat die wetsoortreders beskaamd staan en laat hulle stil wees in Sh’ol!

18Laat die valse lippe stom word wat arrogant met trots en veragting teen die regverdige praat.

19O, hoe groot is U goedheid wat U opgegaar het vir dié wat U respekvol vrees, wat U uitgewerk het vir hulle wat in U vertrou in die teenwoordigheid van die mense!

20U steek hulle weg in die geheime plek van U Teenwoordigheid vir die sameswerings van mense; U steek hulle in U skaduwee weg vir die strydlustige tonge.

21Geseënd is יהוה, want Hy het Sy liefdevolle goedheid vir my, in ’n beleërde stad, wonderbaarlik gemaak.

22Ek het in my haas gesê: “Ek is verlore van voor U oë.” Nogtans het U na die stem van my smekinge geluister toe ek uitgeroep het na U.

23Julle moet יהוה liefhê, al sy getroues! יהוה bewaar die getroues en vergeld die trotses ten volle.

24Almal wat in versekerde verwagting op יהוה wag, wees dapper en Hy sal julle verstand, wil en emosie versterk!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 30
Top of Page
Top of Page