Psalms 17
Afrikaans PWL
1’n Gebed van Dawid. Hoor en luister na ’n regverdige saak, oיהוה, let op na my uitroep; hoor en luister na my gebed wat met onbedrieglike lippe kom.

2Laat my regverdige oordeel kom vanaf U Teenwoordigheid; laat U oë regverdig kyk.

3U het my verstand, wil en emosie getoets, my in die nag besoek, U het my getoets en niks onregverdigs in my gevind nie. Niks het uit my mond gekom wat

4volgens die misleidende dade van die mens is nie. Ek het deur die boodskap van U lippe die paaie van die geweldenaar vermy.

5U het my treë vasgehou in U spore sodat my voete nie gegly het nie.

6Ek het na U geroep, want U sal my antwoord, o God! Draai U oor na my, hoor en luister na my woord!

7Maak U Afgesonderde Een ’n Wonder en Verlosser vir dié wat vertrou en laat Hom oorwin oor hulle wat teen U regterhand opstaan!

8Bewaar my soos ’n oogappel; beskerm my onder die skaduwee van U vlerke

9teen die wetsoortreder wat my plunder, die vyande van my lewe wat my omring.

10Hulle het hul gevoellose verstand, wil en emosie toegesluit; met hul mond praat hulle hoogmoedig.

11Hulle het my geloof en nou omsingel hulle my; hulle het besluit om my in die grond te begrawe.

12Hulle is soos ’n leeu wat begerig is om te verskeur en soos ’n jong leeu wat in wegkruipplekke skuil.

13Staan op, יהוה, konfronteer hulle, verneder hulle; bevry my lewe van die wetsoortreder en die swaard;

14van die wat dood is deur U hand, o יהוה, van hulle wat dood is in die graf; verdeel hulle besittings tussen die lewendes en vul hul mae met U skatte sodat hulle kinders versadig is en ’n deel oor het vir hulle eie kinders.

15Wat my betref, ek sal U Teenwoordigheid in onpartydige opregtheid sien; ek sal tevrede wees om wakker te word volgens U ewebeeld.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 16
Top of Page
Top of Page