Psalms 15
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, wie mag bly in U tent? Wie mag woon op U afgesonderde berg?

2Hy wat met integriteit loop, onpartydige opregtheid doen en wat die waarheid praat in sy verstand, wil en emosie.

3Hy skinder nie met sy tong nie en doen geen boosheid teenoor sy naaste of aanvaar geen omkoopgeskenk van sy vriend nie;

4in wie se oë die sedelose veragtelik is, maar hulle eer wat יהוה vrees. Hy sweer tot sy eie skade, maar verander dit nie.

5Hy wat nie sy geld uitleen teen rente nie en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nooit geskud word nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 14
Top of Page
Top of Page