Psalms 126
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Toe יהוה die mense van Tziyon teruggebring het uit gevangeskap, was ons soos hulle wat hul verheug.

2Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met harde sang; toe het hulle onder die ander nasies gesê: “יהוה het groot dinge vir hulle gedoen.”

3יהוה het groot dinge vir ons gedoen; daarom is ons verheug!

4O יהוה, verander weer ons gevangeskap, soos die strome in die Suidland.

5Hulle wat in trane saai, sal in vreugde maai.

6Hy wat uitgaan en huil en kosbare saad dra, sal ongetwyfeld weer kom met vreugde en sy gerwe saam met hom bring.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 125
Top of Page
Top of Page