Psalms 114
Afrikaans PWL
1Toe Yisra’el uit Mitzrayim uitgegaan het, die huis van Ya’akov vanuit ’n volk met ’n vreemde taal,

2was Y’hudah Sy afgesonderde en Yisra’el Sy heerskappy.

3Die see het dit gesien en gevlug; die Yarden is teruggedryf.

4Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers van die trop.

5Wat pla jou, o see, dat jy vlug; o Yarden, dat jy teruggedryf word,

6julle berge, dat julle rondspring soos ramme en julle, heuwels, soos lammers van die trop?

7Bewe, aarde, in die Teenwoordigheid van יהוה, in die Teenwoordigheid van die God van Ya’akov,

8wat die rots verander het in ’n poel van water, die harde klip in ’n waterfontein!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 113
Top of Page
Top of Page