Psalms 110
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה het met my Meester gepraat: “Sit aan My regterhand totdat Ek U vyande U voetstoel maak.”

2יהוהsal die Septer van Sy krag vanuit Tziyon stuur en Hy sal heers oor U vyande.

3U volk sal spontaan gewillig wees op die dag van U mag; vanaf die baarmoeder het Ek U voortgebring in die skoonheid van U afgesonderdheid, as ’n Kind vanaf alle eeue.

4יהוה het gesweer en sal nie lieg nie: “U is ’n nie-Levitiese Priester vir ewig volgens die voorbeeld van Malki-Tzedek.”

5יהוה aan jou regterhand sal die konings oorwin op die dag van Sy woede.

6Hy sal oordeel tussen die nasies, Hy sal die verslaandes tel, Hy sal die koppe van menigtes op die aarde afkap.

7Hy sal drink uit die stroom op die pad; daarom sal Hy Sy kop hoog hou.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 109
Top of Page
Top of Page