Psalms 100
Afrikaans PWL
1’n Gedig van lofprysing met uitgestrekte hande; met instrumentale musiek. Roep uit van vreugde voor יהוה, o hele aarde!

2Dien יהוה met blydskap; kom voor Sy Teenwoordigheid met uitroepe van vreugde.

3Weet dat Hy יהוה, ons God, is; dit is Hy wat ons gemaak het en nie onsself nie, ons is Sy volk en die skape van Sy weiveld.

4Gaan Sy poorte in met lof en dank met uitgestrekte hande, in Sy howe in met lofprysing; wees dankbaar tot Hom en loof Sy Naam (Karakter en Outoriteit),

5want יהוה is goed; Sy liefdevolle goedheid is vir ewig en Sy waarheid hou stand in alle geslagte.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 99
Top of Page
Top of Page