Psalms 10
Afrikaans PWL
1O יהוה, waarom staan U so ver weg en hou U omgee terug in tye van moeilikheid?

2In trots vervolg die wetsoortreder die geteisterde. Laat hulle vasgevang word in die komplotte wat hulle uitgedink het,

3want die wetsoortreder praat groot oor die begeerte van sy verstand, wil en emosie en die gierige vloek en verag יהוה.

4Die wetsoortreder, in sy hoogmoed, soek Hom nie en daar is geen god in al sy gedagtes nie.

5Sy lewenswyses is altyd voorspoedig; U oordele is daar bo, buite sy sig; wat al sy teëstanders betref: hy verag hulle.

6Hy sê vir homself: “Ek sal nie beweeg word nie; deur alle geslagte sal ek nie in teëspoed wees nie.”

7Sy mond is vol vloeke, misleiding en onderdrukking; onder sy tong is streke en boosheid.

8Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer skelm vir die ongelukkige.

9Hy wag in ’n skuilplek om die geteisterde te vang; hy vang die geteisterde wanneer hy hom in sy net intrek.

10Hy sal verneder en omvergewerp word en in sy bene sal daar siekte en pyn wees.

11Hy sê vir homself: “God het vergeet; Hy verberg Sy gesig; Hy sal dit nooit sien nie.”

12Staan op, יהוה! O God, lig U hand op; vergeet nie die geteisterdes nie!

13Waarom tart die wetsoortreder God? Hy het vir homself gesê: “U sal dit nie vergeld nie?”

14U het dit gesien, want daar is bekommernis en toorn, want U het opgelet dat hy homself in U hand oorgegee het en die behoeftige gee hom oor aan U; U is die Helper van die vaderloses.

15Breek die arm van die wetsoortreder en die kwaaddoener; soek deur sy boosheid en U sal niks vind nie!

16יהוה is Koning vir ewig en ewig; nasies word vernietig vanuit Sy land.

17יהוה, U het die begeerte van die nederiges gehoor; U sal hulle verstand, wil en emosie versterk, U oor sal luister

18om die wees en onderdrukte regverdig te verdedig sodat die mens van die aarde nie langer verskrikking sal veroorsaak nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 9
Top of Page
Top of Page