Spreuke 3
Afrikaans PWL
1My seun, moenie My wet vergeet nie, maar laat jou verstand, wil en emosie My opdragte bewaar,

2want dit sal lengte van dae en lang lewe vir jou byvoeg

3en liefde, goedheid en waarheid sal jou nie verlaat nie; bind dit om jou nek, skryf dit op die tafels van jou verstand, wil en emosie,

4dan sal jy onverdiende guns vind en insig in die oë van God en die mense.

5Vertrou op יהוה met jou hele verstand, wil en emosie en maak nie staat op jou eie wysheid nie.

6Erken Hom in al jou lewenswyses, dan sal Hy jou paaie rig.

7Moenie wys wees in jou eie oë nie; vrees יהוהrespekvol en gaan weg van boosheid af.

8Dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

9Vereer יהוה met jou besittings en met die eerste vrugte van al jou inkomste

10en jou skure sal vol gemaak word met oorvloed en jou parskuipe sal oop bars van nuwe wyn.

11My seun, verag nie die tug van יהוה nie en moenie vermoeid word met Sy teregwysing nie,

12want יהוה wys hulle tereg wat Hy liefhet, soos ’n vader sy seun teregwys.

13Geseënd is die mens wat wysheid gevind het en die seun van die mens wat insig vind,

14want die wins daarvan is beter as dié van silwer en die winste beter as van fyn goud.

15Dit is meer waardevol as kosbare stene en daar is niks om daarmee te vergelyk nie.

16In haar regterhand is lengte van dae, in haar linkerhand rykdom en eer;

17haar lewenswyse is aangenaam en al haar paaie is vrede.

18Dit is ’n boom van lewe vir die wat dit onveranderlik aangryp en geseënd is hulle wat daarvoor wag.

19יהוה het deur Sy wysheid die aarde gevestig, deur Sy insig die hemele vasgestel;

20deur Sy kennis is die dieptes oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

21My seun, laat My opdragte nie uit jou oë wyk nie, bewaar suiwer wysheid en onderskeiding,

22dan sal dit lewe wees vir jou en liefdevolle goedheid vir jou nek,

23dan sal jy op jou pad loop met versekerde verwagting en jou voet sal nie struikel nie.

24Wanneer jy gaan lê, sal jy nie bang wees nie, ja, jy sal gaan lê en jou slaap sal soet wees.

25Jy sal nie bang wees vir ’n skielike opskudding of vir die geweld van die bose, wanneer dit kom, nie,

26want יהוה sal by jou wees en jou voet bewaar van die strik.

27Moenie weier om te doen wat goed is, as dit in jou hand is om dit te doen nie.

28Wanneer jy iets het, moenie vir jou naaste sê: “Gaan en kom weer môre terug, dan sal ek dit vir jou gee,” nie,

29Moenie boosheid teen jou naaste beplan nie, aangesien hy in vrede langs jou bly.

30Moenie met iemand sonder rede twis as hy jou geen kwaad aangedoen het nie.

31Moenie jaloers wees op ’n man van geweld nie en kies geeneen van sy lewenswyses nie,

32want die bose is ’n verwerplikheid in die Teenwoordigheid van יהוה, maar die geheime van יהוהis by die opregtes.

33Die vloek van יהוה is in die huis van die bose, maar Hy seën die blyplek van die regverdiges.

34Sekerlik verag Hy spotters, maar Hy het liefdevolle omgee vir die wyse.

35Die wyse sal lof en eer erf, maar die dwase sal skande ontvang.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 2
Top of Page
Top of Page