Spreuke 22
Afrikaans PWL
1’n Goeie naam (karakter en outoriteit) is beter as groot rykdom en onverdiende guns as silwer en goud.

2Rykes en armes kom saam, יהוה het hulle albei gemaak.

3’n Slim mens sien dat ’n bose geslaan word en word daardeur geleer, maar dwase gaan verby en kry skade.

4Die gevolg van nederigheid is die respekvolle vrees vir יהוה, rykdom, eer en die lewe.

5Strikke en vangnette lê op ’n verdraaide pad; hy wat sy lewe beskerm sal ver van hulle af weg wees.

6Voed ’n kind op volgens die pad wat hy moet gaan en wanneer hy oud word, sal hy nie daarvan afwyk nie.

7Die armes sal heers oor die rykes en die dienskneg sal leen aan sy vorige lener.

8Wie onregverdigheid saai, sal bedrog maai en die staf van sy woede sal verbreek word.

9Hy wat ’n goeie oog het (vrygewig is) sal geseënd wees, want hy gee van sy kos vir die armes.

10Vernietig boosheid, gooi twis uit, raak ontslae van stryd en spot, anders sit hulle in die vergadering en spot almal teenwoordig.

11יהוה het hom lief wat rein van verstand, wil en emosie is en bewys goedheid aan sy lippe en die koning is sy vriend.

12Die oë van יהוה bewaar kennis en vernietig die woorde van bedrog.

13Wanneer hy gestuur word, sê die luiaard: “Daar is ’n leeu op die pad en let op, daar is moord in die strate!”

14Die mond van ’n vreemde vrou is ’n diep put; hy vir wie יהוה kwaad is, sal daarin val.

15Dwaasheid beweeg die verstand, wil en emosie van ’n kind, maar die lat van tug sal dit ver van hom af wegdryf.

16Hy wat die arme onderdruk, voeg by sy boosheid en hy wat aan die rykes gee, sal verlies ly.

17Draai jou oor en luister na die woorde van die wyse en neem my kennis op in jou verstand,

18want beide is aangenaam, hou dit binne-in jou; laat hulle saam gereed gemaak word op jou lippe

19sodat jou vertroue in יהוה mag wees, het ek hierdie dinge vandag aan jou bekend gemaak. Ja, aan jou.

20Let op, dit is die derde keer dat ek die spreuke vir jou skryf

21sodat ek aan jou raadgewing en kennis, vrede en die woorde van waarheid kan leer sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan hom wat na jou toe stuur.

22Moenie die arme onderdruk omdat hy arm is nie en onderdruk nie die behoeftige in die poort nie,

23want יהוה sal hulle saak verdedig en die onreg vergeld wat aan hulle gedoen is.

24Moenie vriende maak met ’n toornagtige man en met ’n man wat gou kwaad word, moet jy nie saamgaan nie

25sodat jy nie sy lewenswyse kan leer en ’n struikelblok vir jou lewe vind nie.

26Moenie borg staan vir ’n skuld net omdat jy te skaam is om die wat jou vra af te wys nie,

27want as jy niks het om te betaal nie, sal hulle jou bed onder jou uitvat.

28Moenie die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, verwyder nie.

29Wanneer jy sien dat ’n man vaardig is in sy werk, sal hy voor konings staan, hy sal nie voor onbenulliges staan nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 21
Top of Page
Top of Page