Numeri 9
Afrikaans PWL
1יהוה het met Moshe gepraat in die wildernis van Sinai; in die tweede jaar nadat hulle uit Mitzrayim uitgetrek het, in die eerste maand en gesê: 2“Laat die seuns van Yisra’el nou die Pesag op sy bepaalde tyd hou. 3Op die veertiende dag van hierdie maand, tussen die twee sonsondergange, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy reëls en al sy bepalings moet julle dit hou.” 4Moshe het met die seuns van Yisra’el gepraat dat hulle die Pesag moet hou. 5Hulle het die Pesag gehou op die veertiende dag van die eerste maand, tussen die twee sonsondergange, in die wildernis van Sinai; net soos יהוה Moshe beveel het, so het die seuns van Yisra’el gedoen. 6Daar was egter manne wat deur die lyk van ’n mens onrein geword het sodat hulle nie die Pesag op daardie dag kon hou nie en hulle het op daardie dag voor Moshe en Aharon gekom. 7Daardie manne het vir hom gesê: “Alhoewel ons onrein is deur ’n dooie mens; waarom word ons verhoed om die offer van יהוה op die bepaalde tyd onder die seuns van Yisra’el te offer?” 8Moshe het vir hulle gesê: “Wag en ek sal hoor wat יהוה aangaande julle beveel.”

9יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 10“Praat met die seuns van Yisra’el en sê: ‘As iemand van julle of van julle nageslag deur ’n lyk onrein word of op ’n ver reis is, mag hy steeds die Pesag tot יהוהhou. 11In die tweede maand, op die veertiende dag, tussen die twee sonsondergange, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet. 12Hulle mag niks daarvan laat oorbly tot die oggend toe of ’n been daaraan breek nie; volgens die hele instelling van die Pesag moet hulle dit hou, 13maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die Pesag te hou, dié persoon moet van sy volksgenote afgesny word, want hy het die offer van יהוה nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man sal sy sonde dra. 14As ’n besoeker by julle bly en die Pesag tot יהוה wil hou, moet hy dit hou volgens die reëls van die Pesag en volgens die bepalings daarvan. Julle sal een reël hê vir die besoeker, sowel as vir die kind van die land.”

15Op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel, die tent van die Getuienis, oordek en vanaf die aand tot die oggend toe was dit oor die tabernakel soos ’n verskynsel van vuur. 16So was dit altyd: die wolk het dit bedags oordek en snags ’n verskynsel van vuur. 17Wanneer die wolk van bo die tent af opgelig word, het die seuns van Yisra’el weggetrek en op die plek waar die wolk stilstaan, daar het die seuns van Yisra’el kamp opgeslaan. 18Deur die opdrag van יהוה het die seuns van Yisra’el weggetrek en deur die opdrag van יהוה kamp opgeslaan; vir soveel dae as die wolk oor die tabernakel gebly het, het hulle gekamp. 19Selfs wanneer die wolk vir baie dae oor die tabernakel bly, het die seuns van Yisra’el die leiding van יהוה waargeneem en nie weggetrek nie. 20So was dit, as die wolk ’n paar dae oor die tabernakel bly, volgens die opdrag van יהוה, het hulle kamp opgeslaan en volgens die opdrag van יהוה, het hulle weggetrek. 21So was dit as die wolk gebly het van die aand tot die oggend toe, as die wolk in die oggend opgelig is, het hulle weggetrek; of by dag of by nag, as die wolk opgelig word, het hulle weggetrek. 22Of dit twee dae, ’n maand of ’n jaar was wat die wolk oor die tabernakel gebly het, die seuns van Yisra’el het in die kamp gestaan en nie weggetrek nie, maar as dit opgelig word, het hulle weggetrek. 23Deur die opdrag van יהוה het hulle kamp opgeslaan en deur die opdrag van יהוה het hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van יהוה gehou, deur die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Numbers 8
Top of Page
Top of Page