Numeri 26
Afrikaans PWL
1Dit het gebeur, ná die plaag, dat יהוה met Moshe en met El’azar, die seun van Aharon, die priester, gepraat en gesê het: 2“Tel die volle getal van die hele vergadering van die seuns van Yisra’el per kop, van twintig jaar oud en ouer, volgens hulle vaders se huise, almal wat in staat is om oorlog toe te gaan in Yisra’el.” 3Moshe en El’azar, die priester, het met hulle gepraat in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden, oorkant Yerigo en gesê: 4“Tel van twintig jaar oud en ouer, soos יהוה vir Moshe beveel het.” Die seuns van Yisra’el wat uit Mitzrayim uitgetrek het, was:

5Re’uven, die eersgeborene van Yisra’el. Die seuns van Re’uven was: van Hanokh, die familie van die Hanokhiete; van Pallu, die familie van die Pallu’iete; 6van Hetzron, die familie van die Hetzroniete; van Karmi, die familie van die Karmiete. 7Hierdie is die families van die Re’uveniete en die van hulle wat getel is, was drie en veertig duisend sewe honderd en dertig (43 730). 8Die seuns van Pallu was: Eli’av; 9die seuns van Eli’av was: N’mu’el, Datan en Aviram. Dit is dieselfde Datan en Aviram wat uit die vergadering uitgeroep was, wat gestry het teen Moshe en Aharon in die groep van Korag, om teen יהוה te stry. 10Die aarde het sy mond oopgemaak en hulle ingesluk, saam met Korag, toe daardie groep dood is en die vuur twee honderd en vyftig man verteer het en hulle het ’n waarskuwing geword. 11Die seuns van Korag het egter nie gesterf nie.

12Die seuns van Shim’on, volgens hulle families: van N’mu’el, die familie van die N’mu’eliete; van Yamin, die familie van die Yaminiete; van Yakhin, die familie van die Yakhiniete; 13van Zerag, die familie van die Zeragiete; van Sha’ul, die familie van die Sha’uliete. 14Hierdie is die families van die Shim’oniete, twee en twintig duisend twee honderd (22 200).

15Die seuns van Gad, volgens hulle families: van Tz’fon, die familie van die Tz’foniete; van Haggi, die familie van die Haggiete; van Shuni, die familie van die Shuniete; 16van Ozni, die familie van die Ozniete; van `Eri, die familie van die `Eriete; 17van Arod, die familie van die Arodiete; van Ar’eli, die familie van die Ar’eliete. 18Dit is die families van die seuns van Gad, volgens die van hulle wat getel is, veertig duisend vyf honderd (40 500).

19Die seuns van Y’hudah was: `Er en Onan, maar `Er en Onan het gesterf in die land van Kena’an. 20Die seuns van Y’hudah, volgens hulle families: van Shelah, die familie van die Shelaniete; van Peretz, die familie van die Partziete; van Zerag, die familie van die Zeragiete. 21Die seuns van Peretz was: van Hetzron, die familie van die Hetzroniete; van Hamul, die familie van die Hamuliete. 22Hierdie is die families van Y’hudah, volgens die van hulle wat getel is, ses en sewentig duisend vyf honderd (76 500).

23Die seuns van Yissakhar, volgens hulle families was: van Tola, die familie van die Tola’iete; van Puvah, die familie van die Puniete; 24van Yashuv, die familie van die Yashuviete; van Shimron, die familie van die Shimroniete. 25Hierdie is die families van Yissakhar, volgens die van hulle wat getel is, vier en sestig duisend drie honderd (64 300).

26Die seuns van Z’vulun, volgens hulle families was: van Sered, die familie van die Serediete; van Elon, die familie van die Eloniete; van Yagle’el, die familie van die Yagle’eliete. 27Hierdie is die families van die Z’vuluniete, volgens die van hulle wat getel is, sestig duisend vyf honderd (60 500).

28Die seuns van Yosef, volgens hulle families was: M’nasheh en Efrayim. 29Die seuns van M’nasheh was: van Makhir, die familie van die Makhiriete. Makhir was die vader van Gil’ad; van Gil’ad, die familie van die Gil’adiete. 30Hierdie is die seuns van Gil’ad: van I’ezer, die familie van die I’ezriete; van Helek, die familie van die Helekiete. 31Van Asri’el, die familie van die Asri’eliete; van Sh’khem, die familie van die Sh’khemiete; 32van Sh’mida, die familie van die Sh’mida’iete; van Hefer, die familie van die Hefriete. 33Tz’lofgad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar dogters. Die name van die dogters van Tz’lofgad was: Magla, No’ah, Hoglah, Milkah en Tirtzah. 34Hierdie is die families van M’nasheh en die van hulle wat getel is, twee en vyftig duisend sewe honderd (52 700).

35Hierdie is die seuns van Efrayim, volgens hulle families: van Shutelag, die familie van die Shutalgiete; van Bekher, die familie van die Bakhriete; van Tagan, die familie van die Taganiete. 36Hierdie is die seuns van Shutelag: van `Eran die familie van die `Eraniete. 37Hierdie is die families van die seuns van Efrayim, volgens die van hulle wat getel is, twee en dertig duisend vyf honderd (32 500). Hierdie is die seuns van Yosef, volgens hulle families.

38Die seuns van Binyamin, volgens hulle families was: van Bela, die familie van die Bal’iete; van Ashbel, die familie van die Ashbeliete; van Agiram, die familie van die Agiramiete; 39van Sh’fufam, die familie van die Shufamiete; van Hufam, die familie van die Hufamiete. 40Die seuns van Bela was: Ard en Na’aman; van Ard, die familie van die Ardiete; van Na’aman, die familie van die Na’amaniete. 41Hierdie is die seuns van Binyamin, volgens hulle families; die van hulle wat getel is, was vyf en veertig duisend ses honderd (45 600).

42Hierdie is die seuns van Dan, volgens hulle families: van Shugam, die familie van die Shugamiete. Hierdie is die families van Dan, volgens hulle families. 43Al die families van die Shugamiete, volgens die van hulle wat getel is, was vier en sestig duisend vier honderd (64 400).

44Die seuns van Asher, volgens hulle families: van Yimnah, die familie van die Yimnahiete; van Yishvi, die familie van die Yishviete; van B’ri’ah, die familie van die B’ri’iete; 45van die seuns van B’ri’ah: van Hever, die familie van die Heveriete; van Malki’el, die familie van die Malki’eliete. 46Die naam van die dogter van Asher was Serag. 47Dit is die families van die seuns van Asher, volgens die van hulle wat getel is, drie en vyftig duisend vier honderd (53 400).

48Die seuns van Náftali, volgens hulle families was: van Yagtze’el, die familie van die Yagtze’eliete; van Guni, die familie van die Guni’iete; 49van Yetzer, die familie van die Yitzriete; van Shillem, die familie van die Shillemiete. 50Hierdie is die families van Naftali, volgens hulle families; die van hulle wat getel is, was vyf en veertig duisend vier honderd (45 400).

51Hierdie is die wat getel is van die seuns van Yisra’el: ses honderd en een duisend sewe honderd en dertig (601 730).

52יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 53“Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word, volgens die getal name. 54Vir die wat baie is, moet jy ’n groter erfenis gee en vir die wat min is, moet jy ’n kleiner erfdeel gee. Elkeen moet sy erfdeel ontvang, volgens hulle wat van hom getel is, 55maar die land moet deur die lot verdeel word, volgens die name van die stamme van hulle vaders moet hulle erwe. 56Deur die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie is en die wat min is.

57Hierdie is die wat getel is van Levi, volgens hulle families: van Gershon, die familie van die Gershoniete; van K’hat, die familie van die K’hatiete; van M’rari, die familie van die M’rari’iete. 58Hierdie is die families van die Leviete: die geslag van die Livniete, die familie van die Hevroniete, die familie van die Magli’iete, die familie van die Mushi’iete en die familie van die Koragiete. K’hat was die vader van `Amram. 59Die naam van `Amram se vrou was Yokheved, die dogter van Levi wat vir Levi in Mitzrayim gebore is en vir `Amram het sy geboorte gegee aan: Aharon, Moshe en aan Miryam, hulle suster. 60Vir Aharon is gebore: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar. 61Nadav en Avihu het gesterf toe hulle vreemde vuur voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring het. 62Die van hulle wat getel is, almal wat manlik was van ’n maand oud en ouer, was drie en twintig duisend (23 000), want hulle is nie getel onder die ander seuns van Yisra’el nie omdat aan hulle geen erfdeel onder die seuns van Yisra’el gegee is nie.

63Hierdie is hulle wat deur Moshe en El’azar, die priester, getel is, wat die seuns van Yisra’el in die vlaktes van Mo’av getel het, by die Yarden, oorkant Yerigo, 64maar onder hulle was daar nie ’n man van dié wat deur Moshe en Aharon, die priester, getel is, toe hulle die seuns van Yisra’el in die wildernis van Sinai getel het, nie, 65want יהוה het vir hulle gesê: “Hulle sal sekerlik sterf in die wildernis! Van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kalev, die seun van Y’funneh en Y’hoshua, die seun van Nun.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Numbers 25
Top of Page
Top of Page