Nehemia 3
Afrikaans PWL
1Toe het Elyashiv, die hoofpriester, saam met sy broers, die priesters, opgestaan en die Skaapspoort gebou; hulle het sy deure ingesit en dit afgesonder, so ver as die toring van die Honderd en hulle het dit afgesonder tot by die toring van Hanan’el. 2Langs hom het die manne van Yerigo gebou en langs hulle het Zakur, die seun van Imri, gebou,

3maar die Vispoort het die seuns van S’na’ah gebou, wat ook sy balke en sy sy-deure, sy sluitbalke en sy grendels opgestel het. 4Langs hulle het M’remot, die seun van Uriyah, die seun van Hakkotz, reggemaak. Langs hulle het Meshullam, die seun van Berekhyah, die seun van Mesheizav’el, reggemaak en langs hulle het Tzadok, die seun van Ba’ana, reggemaak. 5Langs hulle het die Tekoïete reggemaak, maar hulle leiers het hulleself nie belas met die werk van hulle Meester nie.

6Die Tweede (Ou)poort is deur Yoyada, die seun van Paseag en Meshullam, die seun van B’sodyah, reggemaak; hulle het ook die balke daarvan gelê en sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit. 7Langs hulle het M’latyah, die Giv’oniet, Yadon, die Meronotiet, die manne van Giv’on en Mitzpah reggemaak. Hulle het ook ’n troon vir die goewerneur van die gebied wes van die Eufraat gemaak. 8Langs hulle het `Uzi’el, die seun van Harhayah, die goudsmede, reggemaak. Langs hulle het Hananyah, die parfuummakers, reggemaak en hulle het Yerushalayim verlaat toe die muur goed verleng was. 9Langs hulle het Yirmeyahu, die seun van Hur, goewerneur van Yerushalayim reggemaak. 10Langs hulle het Y’da’yah, die seun van Harumaf en die heerser van sy huis reggemaak en langs hom het Hattush, die seun van Hashavn’yah, reggemaak. 11Malkiyah, die seun van Harim en Hashuv, die seun van Pagat-Mo’av, het die ander seksie reggemaak en die toring wat oor was. 12Langs hom het Shallum, die seun van HaLogesh, die heerser van Yerushalayim, reggemaak, hy en sy seuns.

13Die Valleipoort is deur Hanun en die inwoners van Zanoag reggemaak; hulle het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, asook ’n duisend el van die muur tot by die Mispoort.

14Die Mispoort is deur Malkiyah, die seun van Regav, heerser van Beit-Hakkerem, reggemaak; hy het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

15Die Fonteinpoort is deur Shallum, die seun van Kol-Hozeh, heerser van Mitzpah, reggemaak; hy het dit gebou en dit bedek en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, asook die muur van die poel van Shelag, by die koning se tuin, tot by die trappe wat afloop vanaf die stad van Dawid. 16Ná hom het Negemyah, die seun van Azbuk, heerser van Beit-Tzur, reggemaak tot by die pad wat na die graf van Dawid gaan en tot by die poel wat gemaak is en tot by die huis van die magtiges. 17Ná hom het die Leviet, Regum, die seun van Bani, reggemaak en langs hom die heerser van Ke’ilah tot by Hashavyah. 18Ná hom het hulle broers, Bawai, die seun van Henadad, goewerneur van Ke’ilah, reggemaak. 19Langs hom het `Ezer, die seun van Yeshua, die heerser van Mitzpah, nog ’n seksie reggemaak teen die afgaan na die wapenhuis, by die draai van die muur. 20Ná hom het Barukh, die seun van Zakkai, ywerig onderneem en die ander stuk reggemaak; vanaf die draai van die muur tot by die deur van die huis van die hoofpriester, Elyashiv. 21Ná hom het M’remot, die seun van Uriyah, die seun van Hakkotz, nog ’n stuk, vanaf die deur van die huis van Elyashiv tot by die end van die huis van Elyashiv reggemaak. 22Ná hom het die priesters, die manne van die vlakte, reggemaak. 23Ná hulle het Binyamin en Hashuv, oorkant hulle huis, reggemaak. Ná hulle het `Azaryah, die seun van Ma’aseiyah, die seun van `Ananyah, agter sy huis reggemaak. 24Ná hom het Binui, die seun van Henadad, nog ’n stuk reggemaak, vanaf die huis van `Azaryah tot by die draai van die muur, tot by die hoek. 25Oorkant die hoek het Palal, die seun van Uzai, tot by die draai van die muur en so ver as die toring van die Vlakte wat by die boonste deel van die huis van die koning uitsteek, tot by die hof van die tronk, reggemaak. Ná hom het P’dayah, die seun van Par’osh, reggemaak. 26Verder het die tempelknegte, wat in `Ofel gebly het, reggemaak tot by die Waterpoort, aan die ooste en die toring wat aan die einde lê. 27Ná hulle het die Tekoïete ’n ander seksie reggemaak oorkant die groot toring wat aan die einde lê en sover as die groot muur.

28Die priesters het reggemaak vanaf die ingang van die Perdepoort, elkeen oorkant sy eie huis. 29Ná hulle het Tzadok, die seun van Immer, oorkant sy eie huis reggemaak. Ná hom het Sh’ma’yah, die seun van Sh’khanyah, die bewaker van die Oospoort, reggemaak. 30Ná hom het Hananyah, die seun van Shelemyah en Hanun, die sesde seun van Tzalaf, nog ’n seksie reggemaak. Na hom het Meshullam, die seun van Berekhyah, ’n ander seksie reggemaak. 31Ná hom het Malkiyah, een van die goudsmede, reggemaak tot by die huis van die tempelknegte en die handelaars in kruie-medisyne. 32Oorkant die poort aan die verste end en sover as die afgaan van die hoek wat draai na die Skaapspoort, het die goudsmede en die handelaars in spesery-medisyne reggemaak.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Nehemiah 2
Top of Page
Top of Page