Nehemia 11
Afrikaans PWL
1Laat die leiers van die volk in Yerushalayim bly en die res van die volk moet die lot werp om een uit tien te bring om in Yerushalayim, die afgesonderde stad, te bly en die oorblywende nege in die stede. 2Die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Yerushalayim te bly.

3Hierdie is die hoofde van die provinsie wat in Yerushalayim gebly het en in die stede van Y’hudah. Elkeen het in sy eie besitting in hulle stede in Yisra’el gebly, saam met die priesters, die Leviete en sommige van die mense, asook die nageslag van Shlomo se diensknegte wat in Yerushalayim gebly het; 4ook nog sommige van die seuns van Y’hudah en van die seuns van Binyamin. Van die seuns van Y’hudah: `Atayah, die seun van `Uziyah, die seun van Z’kharyah, die seun van Amaryah, die seun van Sh’fatyah, die seun van Mahalal’el; van die nageslag van Peretz: 5Ma’aseiyah, die seun van Barukh, die seun van Kol-Hozeh, die seun van Hazayah, die seun van `Adayah, die seun van Yoyariv, die seun van Z’kharyah, die seun van Shelah. 6Al die nageslag van Peretz wat in Yerushalayim gebly het, was vier honderd agt en sestig, dapper manne.

7Hierdie is die nageslag van Binyamin: Sallu, die seun van Meshullam, die seun van Yo’ed, die seun van P’dayah, die seun van Kolayah, die seun van Ma’aseiyah, die seun van Iti’el, die seun van Yesha’yah 8en ná hom was nege honderd agt en twintig ander. 9Yo’el, die seun van Zikhri, was opsigter oor hulle en Y’hudah, die seun van Hasnu’ah, was tweede oor die stad.

10Van die priesters: Y’da’yah, die seun van Yoyariv, 11S’rayah, die seun van Hilkiyah, die seun van Meshullam, die seun van Tzadok, die seun van M’rayot, die seun van Agituv, die leier oor die huis van God. 12Hulle broers wat die werk in die tempel gedoen het, was agt honderd twee en twintig en `Adayah, die seun van Yerogam, die seun van P’lalyah, die seun van Amtzi, die seun van Z’kharyah, die seun van Pash’gur, die seun van Malkiyah, 13en hulle broers, hoofde van die vaders, was twee honderd twee en veertig; `Amash’sai, die seun van `Azar’el, die seun van Agzai, die seun van Meshillemot, die seun van Immer 14en hulle broers, magtige dapper helde, was honderd agt en twintig en hulle opsigter was Zavdi’el, die seun van een van die groot manne.

15Van die Leviete: Sh’ma’yah, die seun van Hashuv, die seun van `Azrikam, die seun van Hashavyah, die seun van Bunni, die seun van Shabtai. 16Yozavad was oor die buitewerk van die huis van God. 17Die hoofde van die Leviete: Mattanyah, die seun van Mikhah, die seun van Zavdi, die seun van Asaf, die leier onder die Y’hudahiete om die danksegging in gebed te begin en Bakbukyah, die tweede in rang tussen sy broers en `Avda, die seun van Shamua, die seun van Galal, die seun van Y’dutun. 18Al die Leviete in die afgesonderde stad was twee honderd vier en tagtig.

19Verder die poortwagters: `Akkuv, Talmon en hulle broers wat wag gehou het by die poorte, was een honderd twee en sewentig.

20Die res van Yisra’el, van die priesters en Leviete, was in al die stede van Y’hudah, elkeen in sy erfdeel 21en hulle diensknegte het elkeen in beheer van sy werk en sy ploeg tot rus gekom.

22Die toesighouer van die Leviete in Yerushalayim, wat bedien het oor die werk van die huis van God, was `Uzi, die seun van Bani, die seun van Hashavyah, die seun van Mattanyah, die seun van Mikhah, van die nageslag van Asaf, die sangers, 23want daar was ’n bevel van die koning aangaande hulle en ’n verklaring aangaande die sangers, daagliks. 24P’tagyah, die seun van Mesheizav’el, van die nageslag van Zerag, die seun van Y’hudah, was in bevel van wat ook al die koning beveel het, aangaande elke persoon en oor die tel van die mense

25en oor hulle toesighouers, hulle dorpies en hulle lande. Sommige van die seuns van Y’hudah het in Kiryat-Arba en sy dorpies gebly, in Divon en sy dorpies, in Y’kabze’el en sy dorpies, 26in Yeshua, in Moladah, in Beit-Pelet, 27in Hatzar-Shu’al, in Be’er-Sh’va en in hulle dorpies, 28in Ziklag, in M’khonah en sy dorpies, 29in `Ein-Rimmon, in Tzor’ah, in Yarmut, 30Zanoag, Adullam en hulle dorpies, Lakhish en sy buiteveld, `Azekah en sy dorpies en hulle het gebly vanaf Be’er-Sh’va, sover as tot by die Hinnomvallei. 31Die seuns van Binyamin het gebly vanaf Geva in Mikhmas, `Ai, Beit-El en hulle dorpies, 32in `Anatot, Nov, Ananyah, 33Hatzor, Ramah, Gittayim, 34Hadid, Tzvo’im, N’valat, 35Lud, Ono en in Gei-Harashim. 36Daar was afdelings van die Leviete in Y’hudah en in Binyamin.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Nehemiah 10
Top of Page
Top of Page