Nahum 3
Afrikaans PWL
1Wee die bloederige stad, volledig vol leuens en plunder; haar prooi gaan nooit weg nie;

2die klank van die sweep, die klank van die gedreun van wiele, perde in galop en strydwaens wat rondspring;

3stormende ruiters, flitsende swaarde, blinkende spiese; baie neergeslaan, hope lyke en ontelbare dooie liggame; hulle val oor die dooie liggame!

4Dit is as gevolg van die baie hoererye van die hoer, die bekoorlike een, die meesteres van towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop en families met haar towerkunste.

5Let op, Ek is teen jou,” verklaar יהוה-Tzva’ot; “en Ek sal jou rompe oplig oor jou gesig en aan die nasies jou naaktheid wys en aan die koninkryke jou skande.

6Ek sal vuilgoed op jou gooi, jou walglik maak en van jou ’n skouspel maak.

7Dit sal gebeur dat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: “Ninveh is vernietig! Wie sal oor haar treur? Waar sal ek troosters vir jou soek?”

8Is jy beter as No-Amon wat langs die waters van die Nyl geleë was, met water rondom haar; wie se skans die see was, wie se muur die see was?

9Kush was haar mag en ook Mitzrayim, sonder perke. Put en Luvim was tussen haar helpers.

10Nogtans het sy ’n balling geword, sy het in gevangeskap gegaan; ook haar klein kindertjies is op elke straathoek in stukke geslaan; hulle het die lot gewerp vir haar edelmanne en al haar groot manne is met kettings geboei.

11Ook jy sal dronk word, versluierd wees. Jy sal ook ’n toevlug soek van die vyand.

12Al jou vestings is vyebome met ryp vye; wanneer geskud word, val hulle in die mond van die eter.

13Let op, jou volk in jou midde is soos vroue. Die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande; vuur het jou poortgrendels verteer.

14Trek vir jou water op vir die beleëring! Versterk jou vestings! Gaan in die klei in en trap die klei, gryp die steenvorm.

15Vuur sal jou daar verteer, die swaard sal jou neervel; dit sal jou verslind soos die sprinkane. Vermenigvuldig jouself soos die voetgangersprinkaan, vermenigvuldig jouself soos die treksprinkane.

16Jy het jou handelaars vermeerder, meer as die sterre aan die hemel; die voetgangersprinkaan vervel en vlieg weg!

17Jou wagters is soos treksprinkane en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op ’n koue dag op die klipmure sit. Die son kom op en hulle vlug en niemand weet waar hulle is nie.

18Jou herders slaap, o koning van Ashur; jou edeles lê plat. Jou volk is op die berge verstrooi en daar is niemand om hulle weer bymekaar te maak nie.

19Daar is niemand om te treur oor jou wond nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat van jou hoor, sal hulle hande klap oor jou, want oor wie het jou boosheid nie voortdurend gekom nie?

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Nahum 2
Top of Page
Top of Page