Levitikus 1
Afrikaans PWL
1יהוה het Moshe geroep en met hom gepraat vanaf die Tent van Ontmoeting en gesê: 2“Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As iemand van julle aan יהוה ’n offer bring, moet julle jul offer bring vanuit vee: van beeste of van kleinvee. 3As sy offer ’n brandoffer is vanuit die beeste, moet dit ’n bul sonder gebrek wees wat hy offer. Hy moet dit by die ingang van die Tent van Ontmoeting offer sodat hy voor יהוה aanvaar sal word. 4Hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê sodat dit aanvaar mag word om namens hom toedekking te doen. 5Hy moet die jong bul voor יהוה doodmaak en die seuns van Aharon, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar, wat by die ingang van die Tent van Ontmoeting is, sprinkel. 6Hy moet dan die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel. 7Die seuns van Aharon, die priester, moet vuur op die altaar sit en hout op die vuur regpak. 8Die seuns van Aharon, die priesters, moet die stukke, die kop en die vet, regpak op die hout, wat op die vuur, op die altaar is, 9maar die binnegoed en die pote moet hy met water was en die priester moet dit alles op die altaar in rook laat opgaan as ’n brandoffer, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.

10As sy offer ’n stuk kleinvee as brandoffer is, van die skape of van die bokke, moet dit ’n ram sonder gebrek wees wat hy offer. 11Hy moet dit aan die noordekant van die altaar, voor יהוה doodmaak en die seuns van Aharon, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar sprinkel. 12Hy moet dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet en die priester moet dit reglê op die hout, wat op die vuur is, op die altaar, 13maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was en die priester moet dit alles bring en op die altaar brand en in rook laat opgaan, as ’n brandoffer, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.

14As sy offer aan יהוה ’n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe. 15Die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en dit op die altaar brand en in rook laat opgaan; hy moet die bloed teen die kant van die altaar laat uitloop. 16Hy moet die krop saam met sy vere verwyder en dit langs die altaar gooi, aan die oostekant, op die plek vir as. 17Hy moet dit by die vlerke skeur, sonder om hulle af te trek en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout, wat op die vuur is; dit is ’n brandoffer, ’n offer deur vuur, ’n aangename geur tot יהוה.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Exodus 40
Top of Page
Top of Page