Klaagliedere 5
Afrikaans PWL
1יהוה, onthou wat oor ons gekom het, let op en sien ons bespotting.

2Ons erfenis is aan vreemdes oorgedra, ons huise aan buitelanders.

3Ons het wese en vaderloos geword, ons moeders is soos weduwees.

4Ons het ons water gedrink vir geld, ons hout word aan ons verkoop.

5Ons nekke is onder jukke; ons werk en het geen rus nie.

6Die Mitzrayiete het ’n helpende hand gegee en ons het na Ashur gekyk om brood te voorsien.

7Ons vaders het gesondig en is nie meer nie en óns het hulle oortredinge gedra.

8Diensknegte heers oor ons, daar is niemand om ons uit hulle hand te bevry nie.

9Ons kry ons brood in lewensgevaar, as gevolg van die swaard in die wildernis.

10Ons vel is ingekrimp asof in ’n oond gebrand, as gevolg van die lyding in hongersnood.

11Vroue word onteer in Tziyon, maagde in die stede van Y’hudah.

12Prinse word aan hulle hande opgehang, die gesigte van die grysaards word nie geëer nie.

13Jongmanne draai die meul en die jeug struikel onder vragte hout.

14Die oudstes het opgehou om in die poort te wees, die jongmanne met hulle instrumentale musiek.

15Die vreugde van ons verstand, wil en emosie het opgehou, ons danse het in rou verander.

16Die kroon het van ons kop afgeval; wee ons, want ons het gesondig.

17Oor hierdie dinge het ons verstand, wil en emosie flou geword, oor hierdie dinge is ons oë dof

18omdat die berg Tziyon verlate is, die jakkalse loop daarop,

19maar U, יהוה, hou aan vir ewig, U troon is van geslag tot geslag;

20daarom, vergeet ons nie vir altyd nie en verlaat ons nie vir so ’n lang tyd nie.

21Bring ons terug na U toe, o יהוה en ons sal herstel word; vernuwe ons dae soos vroeër,

22want U het ons heeltemal verwerp, U was uitermate kwaad vir ons.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Lamentations 4
Top of Page
Top of Page