Josua 12
Afrikaans PWL
1Hierdie is die konings van die land vir wie die seuns van Yisra’el verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oorkant die Yarden, na die sonsopkoms, vanaf die Vallei van die Arnon af sover as tot by die berg Hermon en die hele Vlakte (`Aravah) na die ooste toe: 2Sigon, die koning van die Emoriete wat in Heshbon gebly het, wat geheers het vanaf `Aro’er, wat aan die kant van die vallei van die Arnon lê, beide die middel van die vallei en die helfte van Gil’ad, selfs so ver as tot by die Yabbokrivier, die grens van die seuns van `Ammon; 3die Vlakte tot by die Kinn’rotsee, aan die ooste, so ver as tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, ooswaarts in die rigting van Beit-Yeshimot en aan die suide, aan die voet van die hange van Pisgah; 4die grondgebied van `Og, die koning van Bashan, een van die oorblyfsels van die Refa’iete, wat in `Ashtarot en Edre’i gebly het, 5wat oor Berg Hermon, oor Salkhah en oor die hele Bashan tot so ver as die grens van die G’shur (Endor) en Ma’akhat, die helfte van Gil’ad, tot by die grondgebied van Sigon, die koning van Heshbon, geheers het. 6Moshe, die dienskneg van יהוה en die seuns van Yisra’el het hulle verslaan en Moshe, die dienskneg van יהוה, het dit as ’n besitting gegee aan die Re’uveniete, die Gadiete en die halwe stam van M’nasheh.

7Nou, hierdie is die konings van die land wat Y’hoshua en die seuns van Yisra’el verslaan het, oorkant die Yarden na die weste toe: vanaf Ba’al-Gad, in die vallei van die L’vanon, selfs so ver as tot by Berg Halak, wat oploop na Se’ir toe en Y’hoshua het dit as ’n besitting aan die stamme van Yisra’el gegee volgens hulle verdelings; 8in die Bergland, in die Laagland, in die Vlakte, aan die hange, in die wildernis en in die Suidland: die Hittiete, Emoriete, Kena’aniete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete: 9die koning van Yerigo, een; die koning van `Ai wat langs Beit-El lê, een; 10die koning van Yerushalayim, een; die koning van Hevron, een; 11die koning van Yarmut, een; die koning van Lakhish, een; 12die koning van `Eglon, een; die koning van Gezer, een; 13die koning van D’vir, een; die koning van Geder, een; 14die koning van Hormah, een; die koning van `Arad, een; 15die koning van Livnah, een; die koning van `Adullam, een; 16die koning van Makkedah, een; die koning van Beit-El, een; 17die koning van Tappuag, een; die koning van Hefer, een; 18die koning van Afek, een; die koning van Sharon, een; 19die koning van Madon, een; die koning van Hatzor, een; 20die koning van Shimron-M’ron, een; die koning van Akhshaf, een; 21die koning van Ta’anakh, een; die koning van Megiddo, een; 22die koning van Kedesh, een; die koning van Yokne’am, in Karmel, een; 23die koning van Dor, in die hoogtes van Dor, een; die koning van die nasies in Gilgal, een; 24die koning van Tirtzah, een; almal saam, een en dertig konings.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Joshua 11
Top of Page
Top of Page