Job 5
Afrikaans PWL
1Roep nou, ek vra jou, is daar iemand wat jou kan antwoord gee? Na watter een van die afgesonderdes sal jy draai?

2Want woede maak die dwaas dood en haat maak die eenvoudige dood.

3Ek het gesien hoe die bose voorspoedig is, maar sy blyplek word skielik vernietig.

4Sy seuns is ver van verlossing af en hulle word verneder by die poort en daar is niemand om hulle te red nie.

5Hulle wat honger is, eet sy oes op en hulle sal water uitgooi vir die wat dors is en die wat dors is, verslind hulle besittings,

6want valsheid kom nie op vanuit die stof nie en ook nie boosheid vanuit die grond nie,

7want die mens word vir moeite gebore, so seker as wat die wilde voëls vlieg,

8maar wat my betef, ek sou na God soek en aan God my saak voorlê,

9wat groot dinge gedoen het sonder grense en wonderlike dinge sonder getal;

10wat reën gee op die aarde en waters stuur na die velde;

11om die wat laag is op te lig en die sagmoediges sal opgelig word deur verlossing.

12Hy frustreer die planne van listige mense sodat hulle hande nie met wysheid hulle beplanning kan uitvoer nie.

13Hy vang die wyse manne in hulle eie slimstreke en die raad van die slinkse mense word frustreer.

14Hulle hanteer dinge oordag asof hulle in duisternis is en tas rond in die middag soos in die nag

15en hulle kom om deur die mag van die swaard en die armes word gered uit die hand van die magtiges.

16Daar is versekerde verwagting vir die armes, maar die bose sal sy mond toehou.

17Let op, gelukkig is die man wat deur God gekorrigeer word en hy wat die tugtiging van die Almagtige nie verag nie,

18want dit is Hy wat verwond en verbind; Hy slaan en Sy hande genees.

19Uit ses moeilikhede sal Hy jou bevry, ja, uit sewe sal geen boosheid jou aanraak nie.

20In hongersnood sal Hy jou bevry van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.

21Jy sal beskerm word van die houe van die tong en jy sal nie bang wees vir vernietiging wanneer dit kom nie.

22Oor geweld en hongersnood sal jy lag en nie die wilde diere vrees nie,

23want jy sal in verbond wees met die klippe van die veld en die wilde diere van die veld sal in vrede met jou wees.

24Jy sal weet dat jou tent in vrede is en jy sal terugkeer na jou blyplek en nie sondig nie.

25Jy sal ook weet dat jou nageslag baie sal wees en jou kinders soos die gras van die aarde.

26Jy sal rustig na jou graf gaan, soos ’n graangerf in sy seisoen.

27Let op, ons het hierdie ding ondersoek en dit is so; ons het dit gehoor en jy weet dit tot jou beswil.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 4
Top of Page
Top of Page