Afrikaans PWL 1Toe het Elihu bygevoeg en gesê: 2“Wees ’n bietjie geduldig met my en ek sal u wys, want daar is steeds woorde te sê namens God. 3Ek sal my kennis van ver af gaan haal en aan my Skepper onpartydige opregtheid toeskryf, 4want waarlik, my woorde is nie leuens nie en my kennis is volkome by u. 5Let op, God is magtig en verag hom, wat rein soos melk is, nie. 6Hy bewaar nie die lewe van die bose nie, maar gee regverdige oordeel aan die armes. 7Hy trek nie sy oë terug van die regverdige nie; hy plaas konings op die troon; ja, Hy verhoog hulle vir ewig 8en as hulle gebind is in kettings, dan gaan hulle deur vernietiging tot ellende, 9dan wys Hy aan hulle hul dade en hul oortredinge, want hulle het hul mag oorskry. 10Hy maak ook hulle ore oop vir dissipline en beveel dat hulle moet terugkeer van onregverdigheid. 11As hulle gehoorsaam en Hom dien, sal hulle hul dae in voorspoed en hul jare in aangenaamheid deurbring, 12maar as hulle nie luister en doen nie, sal hulle doodgaan deur verwoesting en hulle sal sterf sonder kennis 13en die valse toneelspelers van verstand, wil en emosie sal verteer word, hulle sal nie uitroep om hulp nie; tog sal hulle woedend skree as Hy hulle bind. 14Hulle sal sterf in hulle jeug en hulle lewe word weggeruk deur hongersnood, 15maar die sagmoedige sal weggeruk word deur Sy sagmoedigheid en Hy maak hulle pad oop in die tyd van onderdrukking. 16Net so sal Hy jou red van die mond van die spotter en vir jou rus in plaas van spanning gee en ’n tafel met ryk kos voorberei, 17maar Hy sal die bose volledig oordeel; oordeel en regverdigheid sal hulle beetkry. 18Hy sal jou nie met ’n voortdurende woede bedreig nie en jou ook nie ’n groot loskoopprys laat nodig kry nie. 19Hy sal na jou toe kom sodat Hy jou kan bevry; jy sal nie ontstel word deur enige van hulle wat magtige krag het nie. 20Hy sal jou verlos van hulle wat jou in die nag wegdryf en mense in jou plek gee en nasies vir jou lewe. 21Wees versigtig sodat jy nie terugdraai na onregverdigheid nie, want daarvoor is jy getoets deur ellende. 22Let op, God is magtig in Sy krag; wie kan lering gee soos Hy? 23Wie het vir Hom Sy lewenswyses uitgestip? Wie kan sê: ‘U het boosheid gebring’? 24Onthou dat Sy dade groot is en alle mense Hom besing het. 25Al die mense het dit gesien en dit van ver af aanskou. 26Let op, God is groot en ons ken Hom nie; die getal van Sy jare is onnaspeurlik, 27want as ons die pilare van die hemel sou tel en die druppels reën, wat die lug in ’n seisoen laat drup, by hulleself sou vasbind, 28wat die wolke laat neerstroom op die mens en hulle uitermate bly laat wees; 29wie kan dan hierdie dinge verstaan, of die uitspreiding van die wolke vanuit Sy groot tent? 30Let op, Hy sprei sy lig daaroor uit en bedek die bodem van die see, 31want hierdeur oordeel Hy die volke en Hy gee kos aan baie. 32Hy bedek die lig met die wolke en dan skyn dit weer oor hulle sodat hulle dit kan groet. 33Hy wys Sy besittings aan Sy vriende, sowel as aan die bose. Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |