Job 34
Afrikaans PWL
1Elihu het voortgegaan en gesê:

2“Hoor my woorde, o wyse manne en draai u oor na my, u wat kennis het,

3want die oor toets woorde soos die verhemelte kos proe.

4Laat ons vir onsself ’n regter kies; laat hy tussen ons weet wat goed is,

5want Iyov het gesê: ‘Ek is regverdig en God het my oordeel opsy gesit.’

6Wie is die man wat dood is sonder oortreding?

7Watter man is soos Iyov, wat veragting opdrink soos water?

8Wie is ’n medeloper en vriend van die werkers van boosheid en loop saam met bose mense?

9Want hy het gesê: ‘Dit is nie voordelig vir ’n man omdat hy God respekvol vrees nie;’

10daarom, luister na my, manne van insig, dit is ver van God verwyder dat Hy kwaad sou doen en dit is ver van Hom dat Hy boosheid sou doen,

11want Hy vergeld ’n mens volgens sy dade en laat elke mens beloon word volgens sy lewenswyse.

12Waarlik, God doen nie verkeerd en verdraai die reg nie.

13Wie het beheer oor die aarde of wie het die hele wêreld gemaak?

14As Hy Sy denke teen die mens sou draai, sal die mens se gees en asem by Hom bymekaarkom,

15dan sou alle vlees saam vernietig word en die mens sou tot stof terugkeer.

16As u dan insig het, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

17Hy wat regverdige oordeel haat kan nie onskuldig verklaar word nie en hy wat onskuldig is, sal nie veroordeel word nie.

18Hy wat aangaande die koning sê dat hy boos is en tog is hy ’n goeie heerser oor prinse en heersers

19en is nie partydig tot prinse of diskriminerend teenoor die armes nie, want hulle is almal die werk van Sy hande,

20in ’n oomblik sal hy sterf en om middernag verteer word en sterf. Hy sal kragteloos gemaak word deur die Almagtige,

21want Sy oë is op al die lewenswyses van die mens en Hy sien al sy treë.

22Daar is geen duisternis, of skaduwee van die dood, waar die werkers van boosheid kan wegkruip nie,

23want Hy het nie ’n tyd daargestel vir ’n man om voor God in oordeel te kom nie,

24want Hy het baie ongeluk oor baie mense, sonder getal en ander in hulle plekke, bevestig,

25dus ken Hy hulle deur hulle werke en werp hulle omver in die nag.

26Hulle dade sal vergruis word onder die gewig van hulle boosheid in ’n land van verskrikking

27omdat hulle weggedraai het daarvan om Hom te volg en nie enige van Sy lewenswyses oorweeg nie.

28Die gebed van die armes kom na Hom toe en Hy hoor die geroep van die vernederdes.

29Wanneer Hy vergewe, wie kan dan veroordeel? Wanneer Hy Sy gesig wegdraai, wie kan die mense, of die mensdom in geheel, vergewe?

30Hy sien toe dat die sondebevlekte en bose man nie oor die mense sal regeer nie,

31want God het gesê: ‘Ek het vergewe, Ek sal nie mense sonder sonde vernietig nie.’

32Lig my in, leer my as jy onreg gedoen het.

33Ek sal jou nie meer antwoord nie, want jy het gesondig, want jy is ondersoek en nie ek nie. Spreek uit wat jy weet!

34Laat manne van insig vir my sê en laat ’n wyse man vir my luister.

35Iyov het sonder kennis gepraat en sy woorde is sonder insig.

36Waarlik, Iyov is getoets tot die einde toe en steeds is hy nie onder die bose getel nie

37en as Iyov sou byvoeg by sy sondes, dan sou sy oortreding ons almal beïnvloed en hy sal steeds sy klagte voor God bring.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 33
Top of Page
Top of Page