Job 19
Afrikaans PWL
1Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2“Hoe lank sal julle my lewe bedroef en my siek maak met woorde?

3Let op, hierdie tien keer het julle my bestraf en tog is julle nie skaam dat julle my treurig maak nie.

4As ek inderdaad oortree het, bly my fout by my.

5As julle julself regverdiglik teenoor my opgehef het, my bestraf en verag het,

6weet dan dat Gód my veroordeel het en Sy net oor my uitgesprei het.

7As ek uitroep, antwoord niemand my nie en as ek kla is daar niemand om my te wreek nie.

8Hy het my lewenspad toegemuur sodat ek nie kan verbygaan nie en Hy het duisternis oor my paaie gestel.

9Hy het my eer en lof van my afgestroop en die kroon van my kop af weggevat.

10Hy het my aan alle kante vernietig en ek bestaan nie meer nie en my versekerde verwagting het hy verwyder soos ’n stukkie hout.

11Hy het ook Sy woede teen my opgestook en tel my as Sy vyand.

12Sy boodskappers het saamgekom teen my, hulle het hulle lewenswyses teen my debatteer en rondom my tent uitgekamp.

13My broers is ver weg van my af en hulle wat my ken, het my verlaat.

14My familie het my gefaal en my vertroude vriende het my in die steek gelaat.

15My slavinne en hulle wat in my huis bly, beskou my as ’n vreemdeling; ek is ’n onbekende in hulle oë.

16Ek het my dienskneg geroep en hy antwoord my nie; ek smeek hom met my mond.

17Ek het ’n vreemdeling geword en ek het gesoek na die seuns van my eie liggaam.

18Ja, selfs die bose verag my; as ek opstaan, praat hulle teen my.

19Al my raadgewers verafsku my; selfs my vriende het teen my gedraai.

20My vel en my vlees kleef aan my gebeente vas en ek ontsnap met die vel van my tande (net-net).

21Gee om vir my, gee om vir my, o my vriende, want die hand van God was teen my!

22Hoekom vervolg julle my net soos God en julle is nie tevrede met die seerkry van my vlees nie?

23Ag, dat my woorde nou opgeskryf mag word, dat hulle in ’n boekrol opgeteken word,

24dat hulle vir ewig met ’n ystergriffel op lood of in ’n rots graveer word,

25want ek weet my Verlosser leef en aan die einde sal Hy Homself op die aarde openbaar.

26Alhoewel vretende wurms my vel en my vlees oordek het,

27tog, as my oë God sal sien, dan sal my verstand, wil en emosie ook die lig sien, maar nou is my liggaam verteer,

28want julle sal sê: ‘Hoekom het ons hom vervolg? ’n Goeie verslag sal my volg en my vryspreek.

29Red jouself van die swaard, want die woede van sondaars is ’n swaard, want julle sal nog leer dat daar ’n oordeel is.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 18
Top of Page
Top of Page