Jeremia 45
Afrikaans PWL
1Die boodskap wat Yirmeyahu, die profeet, aan Barukh, die seun van Neriyah, oorgedra het toe hy hierdie woorde uit die mond van Yirmeyahu in ’n boek geskrywe het, in die vierde jaar van Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah: 2“So sê יהוה, die God van Yisra’el, aangaande jou, Barukh: 3‘Jy sê: “Wee my nou, want יהוה het smart by my pyn bygesit; ek is moeg van my gekreun en het geen rus gevind nie!”’ 4So moet jy vir hom sê: ‘So sê יהוה: “Let op, wat Ek gebou het, is Ek op die punt om af te breek en wat Ek geplant het, is Ek op die punt om te ontwortel, dit is, die hele land. 5Jy egter, soek jy groot dinge vir jouself? Moet dit nie soek nie, want let op, Ek gaan rampe oor alle vlees bring,” verklaar יהוה; “maar Ek sal jou lewe vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy mag gaan.”’

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Jeremiah 44
Top of Page
Top of Page