Jakobus 5
Afrikaans PWL
1O, julle rykes, kerm en huil oor die ellendes wat oor julle kom. 2Julle rykdom is verrot en stink en julle klere is deur die motte geëet. 3Julle goud en silwer is verroes en hulle roes sal tot ’n getuienis teen julle wees en sal, soos ’n vuur, julle vlees verteer, dit wat julle vir die laaste dae vir julle bymekaar gemaak het! 4Let op, die loon van die arbeiders, wat julle lande afgeoes het, wat deur julle bedrog teruggehou is, roep uit en die geroep van die wat geoes het, het gekom tot die ore van יהוה, God van die hemelse leermag. 5Julle het op die aarde uitspattig gelewe en julle ooreet. Julle het jul liggame vet gevoer soos vir ’n slagdag. 6Julle het Die Onskuldige Een veroordeel en vermoor; Hy het nie teen julle weerstand gebied nie.

7Wees julle egter, net soos die plaasboer wat die kosbare vrugte van die aarde afwag en geduld het daarmee totdat hy die vroeë- en die laatreën ontvang het, geduldig, my broers, tot by die koms van יהוה. 8Julle moet ook net so geduldig wees, versterk julle verstand, wil en emosie, want die koms van ons Meester kom nader. 9Moenie kla oor mekaar nie, my broers sodat julle nie geoordeel word nie. Let op, die Regter staan voor die deur. 10My broers, neem die profete wat in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה gepraat het, vir julle as voorbeeld van geduld, in julle lyding. 11Let op, ons noem hulle wat uithou en aanhou gelukkig. Julle het gehoor van die volhardende geduld van Iyov en julle weet wat die einddoel van יהוה met hom was omdat יהוה vol liefdevolle omgee en onverdiende guns is.

12Bo alles, my broers, moenie ’n eed sweer by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook nie by ’n ander eed nie, maar laat julle “ja” ja wees en julle “nee” nee sodat julle nie onder ’n oordeel val nie.

13Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand vrolik? Laat hom met musiek en instrumente sing. 14Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die oudstes van die gemeente roep en laat hulle oor hom bid en hom in die Outoriteit en Karakter van ons Meester met olie salf 15en die gebed van vertroue sal die sieke gesond maak; ons Meester sal hom herstel en as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. 16Erken julle oortredinge teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle genees kan word. Die gebed van ’n onskuldige is baie kragtig en effektief. 17Eliyahu was ’n mens onderworpe aan lyding, net soos ons; hy het gebid dat dit nie moes reën nie en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie 18en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrugte gegee.

19My broers, as een van julle van die pad van die waarheid afgedwaal het en iemand hom van sy fout af laat omdraai na God toe, 20laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van die foute van sy lewe, na God toe laat omdraai, ’n gees uit die dood red en ’n menigte sondes bedek.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
James 4
Top of Page
Top of Page