Jesaja 52
Afrikaans PWL
1Word wakker, word wakker, trek jouself aan met jou sterkte, o Tziyon; trek jouself aan in jou pragtige klere, o Yerushalayim, die afgesonderde stad, want die onbesnedene en die onreine sal nie langer in jou inkom nie.

2Skud jouself los uit die stof, staan op, o gevange Yerushalayim; maak jouself los van die kettings om jou nek, o gevange dogter van Tziyon,

3want so sê יהוה: “Julle is verkoop vir niks en julle sal vrygekoop word sonder geld,” 4want so sê יהוה-God: “My volk het aanvanklik afgetrek na Mitzrayim om daar te bly; toe het Ashur hom sonder rede onderdruk. 5“Wat het Ek dus nou hier?” verklaar יהוה; “aangesien My volk sonder rede weggevat is?” יהוה verklaar: “Die wat oor hulle heers raas en My Naam (Karakter en Outoriteit) word voortdurend, die hele dag lank, sleg gepraat; 6daarom sal My volk My Naam (Karakter en Outoriteit) ken; daarom is Ek die Een wat praat in daardie dag: ‘Hier is Ek!’”

7Hoe lieflik is die voete van hom wat die goeie nuus bring op die berge, wat vrede aankondig en goeie nuus van geluk verkondig, wat verlossing aankondig en vir Tziyon sê: “Jou God heers!”

8Luister! Jou wagte lig hulle stem op, hulle skreeu vreugdevol saam, want hulle sal met hulle eie oë sien wanneer יהוה Tziyon herstel.

9Breek uit, juig vreugdevol saam, puinhope van Yerushalayim, want יהוה het Sy volk getroos, Hy het Yerushalayim losgekoop.

10יהוה het Sy afgesonderde arm ontbloot voor die oë van al die nasies sodat al die eindes van die aarde die verlossing van ons God kan sien.

11Vertrek, vertrek, gaan daaruit weg, raak aan geen onrein ding nie; gaan uit haar midde uit, reinig julleself, draers van die voorwerpe van יהוה!

12Julle moet egter nie in haas uitgaan of as vlugtelinge nie, want יהוה sal voor julle uitgaan en die God van Yisra’el is julle agterhoede.

13Let op, My Dienskneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en opgelig wees, grootliks verhewe.

14Net soos baie hulle oor jou verstom het, so is Sy voorkoms meer ontsier as enige mens en Sy voorkoms meer as die seuns van die mens.

15So sal Hy baie nasies reinig, konings sal hulle mond toehou as gevolg van Hom, want wat nie aan hulle vertel is nie, sal hulle sien en wat hulle nie gehoor het nie, sal hulle verstaan.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 51
Top of Page
Top of Page